Aanhangers spoel mond uit oor die Engelse rugbyspan en sy hoofborg, O2, se jongste Wêreldbeker-advertensie, met sommiges wat dit as “kulturele toe-eiening” beskryf.

Stuff berig die video is op sosiale media veroordeel en daar is diegene wat dit met Engeland se geskiedenis van kolonialisme vergelyk.

Die rugbyskouspel word in Japan aangebied en hoewel dit sin maak om die gasheerland by sy promosie te inkorporeer, het Engeland se bemarkingspan dit ’n bietjie ver gevoer.

In die video trek verskeie Engelse spelers wit samoerai-wapenrusting aan en vertrek op perde na die oorlog, met die advertensie wat ondersteuners aanmoedig om “die roos as hul wapenrusting te dra”.

Hoewel sommige aanhangers die advertensie loof, is daar baie wat die video kritiseer vir sy verwysings na kolonialisme en dit as “oneerbiedig” en “jingoïsties” beskryf.

“Ek het so pas ’n bietjie in my mond gebraak,” sê ’n rugbykyker op Twitter.

“So snaaks hoe kolonialiste nie eens kolonialisme verstaan nie. Sien uit na die pittige verdediging van hierdie vuilgoed.”

Ander Twitter-gebruikers sê “dit lyk of ’n gedeelte van die video by ’n KKK-video geleen is” en “dit is so swak dit is snaaks”.

Lees van die ander kommentare hieronder:

– Sportredaksie