Die tennisspeler Roger Federer hoop die Springbokke gaan die Wêreldbeker wen.

Toe die CNN-verslaggewer Christina Macfarlane by hom wou weet wie die Wêreldbeker-rugbytoernooi in Japan gaan wen, het hy geantwoord: “Ek het nie genoeg gevolg nie, maar miskien een van die gunstelinge. Die All Blacks? Ek hoop Suid-Afrika, of Australië.”

Macfarlane het ook die Switserse meester se rugbykennis getoets.