Klein speler, groot hart.

Die Springbok-vleuel Cheslin Kolbe gesels in ’n onderhoud op die span se amptelike YouTube-kanaal oor sy persoonlike reis na die Wêreldbekertoernooi in Japan.

“Ek is mal daaroor om op die veld te draf en mense wat sê ek is te klein om rugby te speel, verkeerd te bewys,” sê Kolbe.

Die blits praat oor sy rugbygeskiedenis en sy ervaring in ’n land versot op die spel.

– Sportredaksie