Die wêreld se nommereen-tennisspeler Novak Djokovic het ’n boodskap vir die Bokke.

In ’n video van Asics, die vervaardiger van die Bok-trui, wens Djokovic die Spingbokke sterkte toe met hul Wêreldbekerveldtog in Japan.

“Go, Bokke!” sê die Serwiër in die video wat Dinsdag op Instagram gedeel is.

Djokovic, wie se deelname aan die Amerikaanse Ope vroeër vandeesmaand in New York weens ’n skouerbesering kortgeknip is, sal moontlik aan die einde van September ook in Japan in aksie wees.

Die tennisster het aan RTS Serbia gesê hy hoop om in die volgende week of twee terug te keer na die baan en beplan om in die Japanse Ope in Tokio te speel.

Die Springbokke se eerste Wêreldbeker-wedstryd is Saterdag teen Nieu-Seeland in Jokohama.

View this post on Instagram

Thanks @djokernole for the support. ????

A post shared by Cobus Reinach (@cobus.reinach) on