WAARSKUWING: VIDEO BEVAT GEKRUIDE TAAL.

Kyk hoe vier die lede van Bonymaen RFC, waar Wallis se kaptein, Alun Wyn Jones, sy rugby as seun gespeel het, Suid-Afrika se sege in die Wêreldbekereindstryd teen Engeland.

WalesOnline berig Wyn Jones het steeds noue bande met Bonymaen RFC en nadat die Rooi Drake teen die Springbokke in die halfeindstryd van die rugbyskouspel verloor het, het die klub besluit om die Bokke in die eindstryd te ondersteun.

Die lede het almal Bok-truie gedra en Saterdag se kragmeting by die klub se hoofkwartier by Ospreys se Liberty-stadion naby Swansea op ’n grootskerm gekyk.

Die groep het heerlik fees gevier toe Siya Kolisi-hulle Eddie Jones se span met 32-12 in Jokohama afransel.

– Sportredaksie