Terwyl menige Johannesburger verlede Dinsdagaand gesukkel het om uit die verkeersknoop te kom wat die aankoms van die Webb Ellis-beker veroorsaak het, het ’n groep Springbokke ’n paar drankies oopgemaak en gaan lê vir tatoes om hul triomf in Japan te herdenk.

Tatoeëer-kunstenaars van Fallen Heroes in Parkhurst het hul naalde en ink uitgehaal om die woorde “Bomb Squad” op die plaasvervangers Steven Kitshoff, RG Snyman en Franco Mostert te tatoeëer, ’n skets van die Wêreldbeker op Bongi Mbonambi se boarm aan te bring en ’n Springbokkie met die datum “02/11/2019” op Elton Jantjies se maag.

Daar is selfs ’n Wêreldbeker op ’n speler se boud getatoeëer.

Die onderneming het agterna ’n rits foto’s van hul aand saam met die Springbokke op Facebook geplaas. Kyk hier hoe ’n jolige affêre was dit.