Die Springbokke was Maandag in Kaapstad om hul oorwinning in die wêreldbeker-toernooi met die mense van die Moederstad te vier. Volg ons regstreekse dekking hier. 

2020-05-30 11:22:17
06:45:08nm.

Die Bok-parade in Kaapstad is op 'n einde. Die bus het pas sy laaste deel van die roete voltooi en keer nou terug na Kaapstad. 

Dankie, Bokke!

06:28:29nm.
Foto: Adrian de Kock
06:26:01nm.
Die ondersteuners in Kaapstad is nog lank nie moeg van die gees of die Bokke nie - met skares wat die bus nog al die pad op sy roete agtervolg. Foto: Adrian de Kock
06:19:38nm.
Volgens Netwerk24 se fotograaf op die toneel raak die skare mense glad nie kleiner nie - inteendeel sluit daar net nog mense by die skare aan. 
06:19:09nm.
Die toneel in Avonwood Avenue, Elsiesrivier, soos die Bok-bus sy laaste deel van die paradetog in Kaapstad meemaak. Foto: Adrian de Kock
05:30:56nm.
In Ravensmead staan die skare feitlik teen die Bok-bus. Mense skreeu "Ons is die Wêreldkampioene!". Seuns stap weg van die bus met 'n rugbybal in die hand. 
05:09:35nm.
Van die pad af het die Bok-ondersteuners op die Pepkor-gebou se dak amper soos miere gelyk. Foto: Adrian de Kock
04:46:16nm.
Willie le Roux het dié inskrywing pas op Instagram gedeel. 
View this post on Instagram

This is ???? ?? ?? ??

A post shared by Willie Le Roux (@wjjleroux) on

04:44:42nm.

Dit was 'n lang wag ...

Inwonesr van Belhar sê aan Malherbe Nienaber hule staan van vir buite en wag op die Bokke. Een vrou sê sy wag al van 13:00 af. 

By die Universiteit van Wes-Kaap het honderde mense vir die Bokke gewaai. (Foto: Adrian de Kock)


04:36:55nm.
Selfs 'n man in 'n rystoel hou by met die busse. (Foto: Adrian de Kock)
04:35:10nm.
04:32:35nm.
Honderde mense is by die hoek van Erica-rylaan en Symphonyweg in Belhar en wag vir die Bokke. Die Bokke se bus kan skaars ry weens die baie mense in die pad. 
04:20:49nm.
Dit is hoendervel-oomblikke dié. Die atmosfeer is ongelooflik met mense wat jil, hardop skreeu en selfs die brandweermanne wat op hul brandweerwaens langs die pad staan en waai! (Foto: Adrian de Kock)
04:08:37nm.
'n See van mense, landsvlae en die Bok-vlag wapper in Belhar. Uitbundige kinders staan langs die land en gil kliphard wanneer die Bok-bus naderkom. Die atmosfeer is een van vreugde en trots. 
03:57:56nm.
03:57:43nm.
'n Plakkaat met pragtige woorde op vir die Bokke. 
03:57:26nm.
03:57:17nm.
03:57:09nm.
03:57:01nm.
03:56:28nm.
03:56:20nm.
03:56:08nm.
Die bus ry nou vinniger met kinders wat langs die bus hardloop. 
03:23:05nm.
Die lang wag was die moeite werd. Die Bok-bus is in sig en die omstanders spring op-en-af terwyl hulle jil. 
03:04:56nm.

Vir wie skreeu ons ... die Bokke natuurlik!

Die Bokke se oorwinningsparades deur Suid-Afrika nader sy einde. Die Bokke sal tot vanmiddag vyfuur op die groen Bok-bus wees om aanhangers 'n kykie van hulle én die Webb Ellis-trofee te gee. Belhar en Elsiesrivier moet nog besoek word. 

02:57:41nm.
Langa
02:57:29nm.
02:56:12nm.
02:39:03nm.
Groepies ondersteuners staan langs die N2 en op die brûe en wag vir die Bokke om verby te ry.
02:31:37nm.

Nou kom Belhar aan die beurt!

Die Bokke is terug op die bus en gaan nou na Belhar toe ry

02:12:45nm.

Talle ondersteuners staan buite die hekke van Langa se binnenshuise sportsentrum waar die Bokke Maandagmiddag besoek aflê as deel van hul oorwinningstoer in Kaapstad, berig Malherbe Nienaber. 

Skoolkinders hardloop na die bus om die Bok-kaptein, Siya Kolisi, te probeer groet en van die kinders probeer teen die hekke opklim, maar die volwassenes skree vir hulle om af te klim.

02:03:48nm.

Helde moet ook rus

Die Springbokke het van die bus afgeklim vir 'n kort breek. 

01:56:56nm.
Die Springbokke kry 'n ongelooflike verwelkoming in Langa. Selfs langs die N2 waar hul bus probleme gegee het, het ondersteuners gestaan om die Bokke in lewende lywe te sien. (Foto: Adrian de Kock)
01:42:20nm.
Die SAUK berig die bus het gebreek. Ondersteuners wag reeds in Langa op die Bokke se koms. 
01:31:24nm.
Die Bok-bus het langs die N2 tot stilstand gekom. Van die Bokke het uitgeklim. 
01:03:11nm.
Die Bokke se busse ry op in Nelson Mandela-boulevard en verlaat die middestad om na Langa toe te ry.
12:59:24nm.
Die Bokke se parade deur die Kaapse middestad het tot 'n einde gekom. Die bus is verby die Kaapstad-burgersentrum. Foto: Malherbe Nienaber
12:56:06nm.
Mense staan op die brug bo Hertzog-boulevard voor die Kaapstad-burgersentrum se ingang en waai vir die Bokke wat onderdeur die brug ry. 
12:54:45nm.
Die Bokke se busses draai af van Heerengracht na Hertzog-boulevard. Die meeste  van die skare in Adderleystraat het uiteengegaan. Ligte reën sak uit oor die middestad. 
12:35:01nm.
Honderde mense staan by die hoek van Adderley- en Strandstraat in Kaapstad en wag vir die Bokke se bus om verby te kom. Foto: Malherbe Nienaber 
12:31:52nm.
Nie eers die ligte reën wat by tye begin val het, het die mense in die strate afgesit nie. Foto: Jaco Marais
12:17:46nm.
Siya Kolisi, Springbok-kaptein, staan voor op die bus wat deur die middestad van Kaapstad se strate ry. Die bus is nou in Langstraat. Foto: Jaco Marais
12:13:30nm.
Siya Kolisi, Springbok-kaptein, en sy vrou Rachel, hou die Webb Ellis-trofee vas. Foto: Jaco Marais
12:10:58nm.
Siya Kolisi, Springbok-kaptein, staan voor in die bus. Foto: Jaco Marais
12:06:10nm.
Verder af in Adderleystraat staan mense en wag vir die Bokke se bus om verby te ry. Foto: Malherbe Nienaber