Die Springbok-rugbyspan is Saterdag op hul oorwinningsparade met die Webb Ellis-trofee in Oos-Londen. Volg die regstreekse dekking hier.
2019-11-19 12:26:07
02:56:58nm.
Die mense van Oos-Londen het die Springbokke nie teleurgestel nie. Van vanoggend 09:00 tot net voor 15:00 het hulle in hul duisende die strate volgestaan, gesing en gedans om in die Wêreldkampioene se sukses te deel. Foto: Gallo Images
02:56:53nm.
Die mense van Oos-Londen het die Springbokke nie teleurgestel nie. Van vanoggend 09:00 tot net voor 15:00 het hulle in hul duisende die strate volgestaan, gesing en gedans om in die Wêreldkampioene se sukses te deel. Foto: Gallo Images
02:10:24nm.
01:52:54nm.
01:01:07nm.

Verkeer staan stil vir die Bokke!

Die verkeer staan Saterdag stil in Amalinda, Oos-Londen, tydens die bokke se bustoer deur die woonbuurte van dié stad. Foto: Candice Bezuidenhout

11:19:16vm.
11:08:13vm.
11:04:32vm.
10:52:36vm.


10:46:46vm.
10:33:43vm.

Dis Makazole Mapimpi en Lukhanyo Am se mense

’n Spesiale verwelkoming is verwag vir Makazole Mapimpi en Lukhanyo Am verwag, wat albei in King William’s Town, sowat 50 km buite Oos-Londen, skoolgegaan het.

Bokbreier Rassie Erasmus en die span het eerste met die beker by die burgemeester, die LUR vir sport, en die premier gespog.

Die span se bus ry dan deur Mdantsane, Amalinda, Nahoon en Oostelike Strand.

10:21:28vm.

Duisende in Oos-Londen se strate

Duisende mense het Saterdag die strate van Oos-Londen volgestaan om'n die wêreldbekerkampioene te siene te kry. Die Springbokke, wat op 'n bus deur die stad ry, maak trots beurte om die Webb Ellis-beker omhoog te hou. Elke keer tot groot vreugde van die gillende skare. Foto: Candice Bezuidenhout

10:18:32vm.

Kaptain Kolisi!

Die Sprinbokke se parade in Oos-Londen het by die stadsaal begin. Foto: Lulama Zenzile