Japan sal eerskomende Sondag Suid-Afrika se teenstander in die kwarteindronde van vanjaar se Wêreldbeker-toernooi wees.

Die Brave Blossoms en Springbokke meet in Tokio kragte.

Engeland en Australië pak mekaar Saterdag in die eerste kwarteindstryd in Oita voordat Nieu-Seeland en Ierland onmiddellik daarna in Tokio haaks raak.

Sondag se ander kwarteindstryd is tussen Wallis en Frankryk in Oita.

Die bepalings vir die uitspeelrondes:

19 Oktober: Engeland t. Australië (kwarteindstryd 1 in Oita); Nieu-Seeland t. Ierland (kwarteindstryd 2 in Tokio).

20 Oktober: Wallis t. Frankryk (kwarteindstryd 3 in Oita); Japan t. Suid-Afrika (kwarteindstryd 4 in Tokio).

26 Oktober: Halfeindstryd (wenner van kwarteindstryd 1 t. 2 in Jokohama).

27 Oktober: Halfeindstryd (wenner van kwarteindstryd 3 t. 4 in Jokohama).

1 November: Uitspeel om derde plek in Tokio.

2 November: Eindstryd in Jokohama.