Suid-Afrika en Japan is miskien meer as 14 000 km van mekaar geleë, maar met Netwerk24 se dekking van die Wêreldbeker-rugbytoernooi is jy direk in verbinding met al die aksie.

Regstreekse dekking met tellings, wedstrydkommentaar en opgedateerde puntelyste is alles hier beskikbaar.

Jy kan met jou slimfoon of rekenaar al die nuus uit Japan volg.

Wereldbeker
Die spesiale Wêreldbeker-afdeling kan onder Sport op die navigasie gevind word.

Of jy nou op kantoor of in jou motor is, of dalk nie DStv by die huis het nie – jy sal kan saampraat as jy die Wêreldbeker op Netwerk24 volg.

Wereldbeker
Vind die spesiale Wêreldbeker-afdeling in die navigasie van jou app.

Terwyl elke wedstryd gespeel word, word jy regstreeks op hoogte gehou van hoe die spel verloop, hoeveel drieë gedruk word en die strafdoele en skepdoele wat aangeteken word. Netwerk24 se rugbykommentators lewer met elkeen van die Springbokke se wedstryde regstreekse kommentaar.

Puntelyste van die verskillende groepe word ook met elke wedstryd opgedateer, wat beteken dat niemand jou sal kan vasvra oor hoe die sake in Japan lyk nie.

Die volledige wedstrydprogram (in Suid-Afrikaanse tyd) is ook beskikbaar sodat jy jou dag mooi kan beplan om niks mis te loop nie. (Laai dit ook hier af om uit te druk.)

Selfs vir diegene wat net met groot rugby, soos die Wêreldbeker saamkyk, is daar pragtige grafika met allerlei WB-statistieke.

’n Opwindende 44 dae van rugby, 20 spanne wat dit uitspook en een trofee wat gewen gaan word, is alles op Netwerk24 lekker verpak sodat dit maklik is om te kan volg, net waar jy is.

Hie’ kommie Bokke!