Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
WB-Sokker
En vanjaar se sokkerpryse gaan aan...

Wat ’n toernooi! Louis de Villiers se sokkerkop raas behoorlik nadat die Wêreldbekertoernooi sy status van weleer herwin het. ’n Paar nieamptelike pryse:.

Kylian Mbappe, die jong Franse superster. (Foto: Getty Images)

Beste Doel

Dié skitterende jong regterheelagter het buite posisie daarvoor gesorg dat almal weet wie hy is. Sy beste oomblik was die gelykmaker teen Argentinië in die laaste 16, toe die Stuttgart-middelverdediger kaplaks van buite die hok, teen ’n skuins hoek, die bal ver links gebêre het met ’n klaarblyklike traak-my-nie-agtige regtervoetskoot.

Croatia's players

Taaiste Span

Kroasië. Op ’n drafstap deur die Groep van die Dood, teen Argentinië, Nigerië en Ysland. Daarna 120 minute en met strafdoele verby Denemarke. Daarna 120 minute en met strafdoele verby Rusland. Daarna 120 minute teen Engeland. In 11 dae. En in al drie het Luka Modric-hulle die eerste doel afgestaan. Ysterghoens, veral vir ’n span onder ’n korrupsiewolk.

Grootste Prima Donna

Hy het moer getrek omdat hy nie gekies is vir die afskopspan in die eerste groepwedstryd teen Nigerië nie en het geweier om as plaasvervanger op te gaan. Hy is die volgende dag huis toe gestuur en het die avontuur van sy lewe misgeloop.

Duitsland. Al span wat die Wêreldbeker ooit kon behou, was Brasilië in 1962 en doerie jare was die vernuf van spelers soos Didi, Vava en Garrincha ’n vierjaarlikse skok van TV-hoogtepunte vir Europeërs. Maar selfs al kan dit nie sommer meer gedoen word nie, het Duitsland se ­hens­op teen Mexiko en Suid-Korea die wêreld se bekke laat oophang.

Neymar

Oscar vir Beste Manlike Byspeler
Neymar.
Ja, mense skop hom gereeld, maar dit regverdig nie dat hy in vyf wedstryde ’n kwartier lank gelê en wriemel het soos ’n vissie wat pas gevang is nie. Hy het elke negatiewe stereotipe oor sokkersupersterre so hard probeer bevestig dat dit skoon verberg het dat hy voor sy vlug huis toe meer kanse geskep en meer akkurate skote doelwaarts geskop het as enigiemand anders.

Treurigste Amptelike Prys
Harry Kane se (waarskynlike) Goue Stewel. Hy het in die halfeindstryd teen Kroasië een en ’n halwe kans verbrou wat veel meer vir hom sou beteken het as persoonlike pryse.

Dejan Lovren (Getty Images)

Ou Grootbek Will Never Walk Alone-prys:

Nie eens my Liverpool-vriende sou raai dat Dejan Lovren vanjaar middelverdediger sou wees in die eindstryde van sowel die Wêreldbeker- as Kampioeneliga nie, maar daar het jy dit. Dat hy ’n fundamentele swakheid by Liverpool én Kroasië is, skeel hom min – Lovren sê ons moet hom nou erken as een van die wêreld se bestes. Nog wysheid van sy kant oor Kroasië se sportsukses: “Ek sou sê ons het goeie ma’s en pa’s. Hulle maak goeie liefde, sou ek sê.” Ieoe.

Wonder-wat-dink-hulle-nou-prys vir Spesiale Stommerike:

Die Spaanse Sokkervereniging, wat sy bestuurder, Julen Lopetegui, minder as 48 uur voor hul eerste wedstryd in die pad gesteek het nadat die immer opportunistiese Real Madrid hom as hul nuwe baas verkondig het. Lopetegui het Spanje deur twee onoorwonne seisoene bestuur. Ná sy vertrek was La Roja taktiese chaos.

Meer oor:  Rusland  |  Wereldbekersokker  |  Fifa  |  Wb2018
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.