Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
WB-Sokker
Fifa kyk na Aussies se beweerde ‘gay-liedjie’

Fifa, die wêreldbeheerliggaam vir sokker, het die Australiese Sokkervereniging (FFA) ’n waarskuwing toegedien nadat Aussie-ondersteuners na bewering homofobiese liedjies by die Wêreldbeker-wedstryd tussen die Socceroos en Frankryk in Rusland gedreunsing het.

Die FFA het egter nog nie só ’n waarskuwing van Fifa ontvang nie, ondanks die feit dat Fifa dit volgens Stuff.co.nz bevestig het.

Australiese ondersteuners voor die Socceroos se wedstryd teen Peru in Sotsji. Foto: Getty Images

“Ons kan bevestig dat Fifa se tugkomitee ’n waarskuwing aan die FFA gerig het met betrekking tot ’n klein groep (vier) Australiese ondersteuners wat homofobiese liedjies gedreunsing het by die wedstryd tussen Australië en Frankryk,” het Fifa in ’n verklaring gesê.

“Die besluit is deurgevoer nadat beskikbare bewyse ontleed is.”

Frankryk het dié wedstryd met 2-1 in Kazan gewen. Daar was 6 000 Australiese ondersteuners in die stadion.

“As die beweringe waar is, stel die FFA dit duidelik dat hy geen homofobiese of enige antisosiale optrede goedkeur nie. Dit moet ook genoem word dat daar volgens die verslag slegs vier mense was wat iets onaanvaarbaar gedoen het,” sê ’n woordvoerder van die FFA.

Die FFA het Vrydag met Fifa oor die waarskuwing probeer praat.

Australiese ondersteuners by die wedstryd tussen Australië en Peru. Foto: Getty Images

Die Meksikaanse Sokkervereniging is ook gewaarsku nadat ’n groter groep ondersteuners ook tydens ’n wedstryd by die Wêreldbeker-toernooi homofobiese liedjies gesing het. Fifa het dié beheerliggaam met $10 000 (nagenoeg R133 000) beboet.

* Intussen ondersoek Fifa ook ’n voorval waar Engelse ondersteuners liedjies gesing het wat moontlik diskriminerend van aard kan wees tydens die Wêreldbeker-halfeindstryd tussen Engeland en Kroasië.

Dit het betrekking tot die dreunsang van “no surrender” deur Engelse ondersteuners, asook ander moontlik diskriminerende liedjies.

“Ons kan bevestig dat ’n verslag saamgestel is met betrekking tot moontlik diskriminerende liedjies wat deur Engelse ondersteuners gesing is,” het ’n woordvoerder van Fifa gesê.

Die Engelse het dié wedstryd met 2-1 verloor. Hulle speel Saterdag (16:00) teen België in die uitspeelwedstryd om die derde plek.

Frankryk en Kroasië kom Sondag (20:00) in die eindstryd teen mekaar te staan. – Stuff.co.nz, BBCSport

Meer oor:  Sokkerwêreldbeker  |  Frankryk  |  Kroasië  |  Wêreldbekersokker  |  Fifa  |  Engeland  |  Australië  |  Wb  |  Wb-Toernooi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.