Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
WB-Sokker
Korrupte sokkerblaser lewenslank geskors
Marwa Range Foto: Getty Images

’n Keniaanse grensregter, wat in vanjaar se Wêreldbeker-toernooi in Rusland sou opgetree het, is lewenslank uit sokker geskors.

Marwa Range is ná ’n geheime operasie deur die Afrika-sokkerfederasie (CAF) daaraan skuldig bevind dat hy omkoopgeld aanvaar het om wedstryde te help beknoei.

Dié beampte is verfilm waar hy in Januarie vanjaar, voor ’n Afrikabeker-toernooiwedstryd in Marokko, $600 (sowat R8 000) se omkoopgeld ontvang het.

Range se naam het oorspronklik op die lys van beamptes verskyn wat in Rusland moes diens doen. Hy was in 2014 ook ’n reserwe-grensregter vir die toernooi in Brasilië.

CAF het as deel van ’n teen-korrupsie-veldtog nóg 10 skeidsregters vir tussen twee en 10 jaar vir soortgelyke oortredings geskors. – Reuters

Meer oor:  Korrupsie  |  Wêreldbekersokker  |  Fifa  |  Omkoopgeld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.