Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
WB-Sokker
Jou gids tot die Wêreldbeker

Sokkerkoors loop hoog en die Wêreldbeker-sokkertoernooi duur van 14 Junie tot 15 Julie.

Spanne van 32 lande neem aan dié reuse-skouspel in Rusland deel. 

Netwerk24 se Wêreldbeker-gids het al die wedstrydbepalings en kitsfeite oor die groepe op een plek.

Laai die bepalings af en hou dit byderhand om te kyk wanneer jou gunsteling-spanne speel.

KLIK OM DIE WEDSTRYDBEPALINGS AF TE LAAI


Groepe

Stadions

Luzhniki-stadion

Die hooffokus is op die Luzhniki-stadion wat in Moskou geleë is. Die stadion is in 1956 gebou en hier is al 3 000 sokkerwedstryde gespeel. Daar is in 2013 begin om dié stadion oor te bou. Dit was belangrik vir die Russe dat die historiese fasade van die stadion behoue bly, maar binne is dit heeltemal oorgedoen. Dit kan 80 000 toeskouers huisves.

Enkele van die ander Russiese stadions waar die Wêreldbeker-toernooi beslis word:

St. Petersburg-stadion

Dié stadion is splinternuut en ultramodern. ’n Japanse argitek, Kisho Kuosawa, het die tender gekry om die stadion te bou en dié argitek het dit onmiskenbaar ontwerp in die vorm van ’n ruimteskip. Die St. Petersburg-stadion is een van die wêreld se modernste stadions met ’n dak en ’n veld wat kan wegskuif. Selfs in die koue Russiese winter is die temperatuur binne die stadion 15 °C.

Mordovia-stadion 

Vir diegene wat al by die FNB-stadion in Soweto was, kan die Mordovia-stadion dalk bekend lyk. Werk aan die Mordovia-stadion het in 2010 begin. Dit is in die vorm van ’n ovaal, met ’n kombinasie van oranje, rooi en wit dakteëls wat die kleure is wat in die plaaslike handwerk in dié stad weerspieël word. Ná die Wêreldbeker sal van die tydelike strukture in die stadion afgebreek word om dit kleiner te maak vir sportsoorte soos tennis en ’n binnenshuise fiksheidsentrum.

Kazan-stadion

Die stadion is gebou vir 2013 se Somer-wêreld-universiteitspele en is deur dieselfde ontwerpers van die Wembley-stadion in Londen ontwerp. Van bo lyk die stadion soos ’n waterlelie, om in te skakel by die Kazanka-rivier net langs die stadion.

Rostov-stadion

Die Rostov-stadion is op die oewer van die Donrivier en is volgens Fifa se amptelike webblad ontwerp om in te skakel by die rivier. Die verskillende vlakke van die stadion is só ontwerp dat mense ook ’n uitsig op die rivier het – dit is nou indien die sokker nié alle aandag trek nie.

Fisht-stadion

Dié stadion is in die Olimpiese park in Sotsji geleë waar dit vir die Winterspele van 2014 gebou is. Die stadion is verander vir die Wêreldbekersokkertoernooi. Die bokant van die stadion is ontwerp om soos ’n bergpiek wat bedek is met sneeu te lyk.

Meer oor:  Wb-2018  |  Wêreldbekersokker  |  Rusland
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.