Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
WB-Sokker
LGBT-kleure bring White in sop

’n Engelse sokkerondersteuner wat bewustheid vir LGBT-kwessies wou skep en by ’n wedstryd by die Sokkerwêreldbeker-toernooi in Rusland, met St. George’s-vlag waarop reënboogstrepe verskyn het, is gevra om die vlag nie in die stadion te vertoon nie.

Joe White / Foto: Twitter

Joe White (25) sê hy was “gefrustreerd” toe ’n beampte aan hom gesê het dat “daardie kleure nie hier toegelaat word nie”.

Die voorval het Sondag tydens die wedstryd tussen Engeland en Panama in Nizjni Nofgorod plaasgevind.

’n Groep waarvan White deel is het na Rusland gereis om Engeland te ondersteun en bewustheid vir LGBT-kwessies te skep.

White sê beamptes het hul serpe by die stadion ondersoek, waarna daar besluit is om hulle binne te laat. Televisiekameras het ná een van Engeland se doele die vlag afgeneem.

“Een van die toesighouers het die vlag afgehaal en verwyder. Hulle het gesê: ‘Hierdie kleure word nie hier binne toegelaat nie,’ sê White.

Die groep het Fifa en die Football Supporters’ Federation gekontak, wat beslis het dat die vlag wel toegelaat mag word.

“Ek het myself regtig vererg. Ons het gerusstelling gehad. Ons is hier om Engeland te ondersteun, maar ook om solidariteit met Rusland se LGBT-bevolking te toon.

“Dit is belangrik om sigbaar te wees en ’n gesprek te hê wat andersins nie sou plaasvind nie. Dit was meer frustrerend as enigiets anders,” sê White.

Tog sê White, wat tydens ’n onderhoud met ’n joernalis in Moskou deur ’n verbyganger “moffie” toegesnou is, sy ervaring was meer positief as negatief. – irishexaminer.com

Meer oor:  Lgbt  |  Wêreldbekersokker  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.