Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
WB-Sokker
Hoogtepunte: Kroasië klop Engeland met 2-1

Kroasië sal Sondag vir die eerste keer ooit in die eindstryd van die Wêreldbeker-sokkertoernooi speel nadat hy Woensdagaand vir Engeland met 2-1 in die spanne se halfeindstryd geklop het. 

Kroasië kom nou teen Frankryk te staan. 

'n Volledige verslag volg binnekort. 

11 Jul. 22:41:07

Die Englese sit verslae. 

Foto: Getty Images

11 Jul. 22:37:30

En die wedstryd is verby, Kroasië wen!

11 Jul. 22:36:51

Engeland kry 'n laaste kans... 'n Vryskop ver van die doelhok, maar nietemin balbesit en 'n kans...

11 Jul. 22:34:53

Twee minute se bykomende tyd lê tussen Kroasië en geskiedenis. 

11 Jul. 22:32:17

11 Jul. 22:28:14

Engeland het vyf minute oor om hul droom te red. 

Hulle lyk wel fisiek en geestelik moeg. Het hulle nog genoeg in die tenk oor om met 'n laaste stukkie briljante spel vorendag te kom?

11 Jul. 22:27:26

Was dit die doel wat Kroasië vir die eerste keer ooit 'n plek in die Wêreldbeker-eindstryd gaan besorg?

Foto: Getty Images

11 Jul. 22:24:55

Mandzukic skiet sy doel. 

Foto: Getty Images

11 Jul. 22:24:27

Mandzukic vier sy doel. 

Foto: Getty Images

11 Jul. 22:23:19

Mandzukic kry Kroasië se tweede doel en nou hang Engeland se hoop aan 'n baie dun draadjie. 

Meer oor:  Sokkerwêreldbeker  |  Kroasië  |  Wêreldbekertoernooi  |  Engeland  |  Wb  |  Wb-Toernooi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.