Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
WB-Sokker
Sokker nie vir regte mans, sê tennislegende

Die Australiese tennislegende Pat Cash kry die wind van voor nadat hy op Twitter verklaar het sokker is nie ’n sport vir regte mans nie.

Pat Cash het die sokkergemeenskap met sy uitlatings ontstel. Foto: Getty Images

Dailymail.co.uk berig Cash het sy volgelinge aangeraai om die Wêrelbekersokkertoernooi mis te loop ten gunste van Australiese voetbal (AFL) – ’n “sport vir regte mans”.

Die voormalige Wimbledon-kampioen het kritiek gelok toe hy ’n hoogtepuntpakket van die AFL-held Shaun (Silk) Burgoyne deel en aanvoer dié land se gewildste sport is taaier as sokker.

“Wêreldbekertoernooi om die draai, hier is ’n paar hoogtepunte van een van die bestes in ’n regte man se sport, AFL,” sê Cash.

“Hulle noem hom nie verniet Silk nie. (Niks rondgerollery op die grond in ’n poging om ’n strafskop te wen deur hierdie man nie).”

Burgoyne verskyn hierdie naweek in sy 350ste AFL-wedstryd.

Sokkerondersteuners was ontstoke oor Cash se uitlatings, met die Aussies wat voorberei om hulle Wêreldbekerveldtog Saterdag teen Frankryk af te skop.

“As iemand wat die nasie se ondersteuning geniet het toe jy Wimbledon gewen het, dink ek dit is beledigend dat jy sokker sou spot en boonop ons Socceroos,” sê Ray Gatt, hoofsokkerskrywer vir die Australian-koerant met verwysing na die land se nasionale sokkerspan.

“Moet jy nie eerder, as ’n trotse Australiër, eintlik ons nasionale sokkerspan ondersteun nie?”

Ander het ook hulle misnoeë met Cash uitgespreek.

“Groot aanhanger van jou Pat, maar dit was onvanpas,” sê Jason Dasey.

“AFL is ’n goeie skouspel vir ’n deel van ons land, maar dit is irrelevant op die wêreldverhoog en kan nie vergelyk word met die Wêreldbekersokkertoernooi nie – ondersteun die Socceroos net soos ons jou altyd ondersteun het.”

Tom Duffy sê: “ ’n ‘Regte man se sport’ soos tennis? Snaaks, want geskiedkundig word tennis beskou as die sport wat kinders speel wanneer hulle nie kontaksport kan hanteer nie. Maar enigiets om relevant te bly, nè Pat Cash.”

Cash was boos oor ’n artikel wat deur Fox Sport gepubliseer is waarin geskryf word “Cash word uitmekaargeskeur op sosiale media weens ’n bisarre steek wat hy gemaak het oor die Socceroos”.

“Dit is skandelike sogenaamde verslaggewing. Totale versinsels en leuens. Waar waag ek ’n “steek” of deel “houe” uit aan die Socceroos?

“Moet waarskynlik nie verbaas wees dat julle ’n lighartige tong-in-die-kies-twiet gebruik en ’n swartsmeerstorie skryf nie.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Wb-2018  |  Tennis  |  Wêreldbekersokker  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.