Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
WB-Sokker
Southgate: Engeland moet nou tandekners

Engeland se afrigter, Gareth Southgate, het in die nadraai van sy span se nederlaag teen Kroasië in die halfeindstryd van die Wêreldbeker gesê sy span moet eers “swaarkry” en die grootheid van die kans wat hul verspeel het besef voordat hulle aan positiewe aspekte kan begin dink.

Gareth Southgate sê hy en sy span moet eers swaarkry voordat hulle vorentoe kan kyk. Foto: Getty Images

Southgate se span wou die eerste Engeland-span wees om die eindstryd van die Sokkerwêreldbeker in 52 jaar te haal. Engeland het die wedstryd sterk begin en vroeg die voortou geneem, maar het uitgesak om met 2-1 in ekstra tyd te verloor.

Gegewe die feit dat Engeland vir die Wêreldbeker in Rusland as buiteperde aangemeld het, is Southgate na die wedstryd gevra of daar positiewe aspekte vir die span na die nederlaag is.

“Ek dink dis iets wat ons oor ’n paar dae sal weet. Ons voel op die oomblik die pyn van hierdie nederlaag.”

“Realisties dink ek nie een van ons het dit verwag nie, maar as jy tot op hierdie punt gevorder het en gespeel het soos ons gespeel het . . . ’n Mens wil hierdie geleenthede in die lewe aangryp.

“Die kleedkamer is nou ’n baie moeilike plek. Mettertyd sal daar positiewes wees, maar dis baie moeilik om dit op hierdie tydstip in daai konteks te sien. Ek dink ons moet nog ’n bietjie ly oor die uitslag. Dis partykeer maklik om te vinnig aan te beweeg.”

Woensdag se stryd teen Kroasië was ’n seldsame kans vir Engeland aangesien hul laaste Wêreldbeker-halfeindstryde in 1966 op tuisbodem plaasgevind het, en in 1990.

Die kleedkamer is nou ’n baie moeilike plek. Mettertyd sal daar positiewes wees, maar dis baie moeilik om dit op hierdie tydstip in daai konteks te sien

“Vanaand was vir ons ’n wonderlike geleentheid en ’n mens kan nie waarborg dat sulke geleenthede ooit weer sal kom nie,” sê Southgate.

“Maar ons wil ook ’n span wees wat konsekwent op langtermyn die halfeindstryde en eindstryde van groot toernooie haal.

“Ons het bewys dis moontlik. Ons het nou ’n nuwe maatstaf en ’n nuwe vlak van verwagting. Baie van my spelers het wasdom bereik en ek is baie trots op hulle.”

Southgate sê die sleutel tot verdere ontwikkeling vir sy spelers is om gereeld in groot wedstryde te speel. Die manier hoe sy spelers in die tweede helfte uitgesak het, is dalk ’n gevolg van min ervaring. – Reuters

Meer oor:  Gareth Southgate  |  Wêreldbekersokker  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.