Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
WB-Sokker
Van vyfster-paradys na ‘sportskool’

In 2014 het die sokkerspan van Duitsland in ’n vyfster-hotel op ’n prentjiemooi eiland aan die kus van Brasilië gebly en het dit as ’n inspirasie help dien om die Wêreldbeker-toernooi te wen.

Joachim Löw, Duitsland se afrigter, in dié span se beskeie hotel in ’n dorpie buite Moskou. Foto: Getty Images

Vier jaar later, in Rusland, is dit egter ’n ander storie. Hul tropiese paradys is vervang deur ’n hotel met rooi bakstene in die dorpie Vatutinki, langs ’n hoofweg wat na Moskou lei. Die hotel word omring deur hoë woonstelgeboue.

Joachim Löw, Duitsland se afrigter, sê hul hotel voel soos ’n “goeie sportskool” eerder as ’n blyplek vir die toernooi se gunsteling.

Daar is groot plakkate van Rusland se president, Wladimir Poetin, en sy voorganger, Boris Jeltsin, aan die mure. Die argitektuur verteenwoordig ’n kombinasie van Rusland se Sowjet-verlede en ’n kasteel uit ’n sprokiesverhaal.

Vir Löw en sy span is dit egter nie ’n probleem nie. Hulle sal dit ook nie as ’n verskoning voorhou nie.

“ ’n Sportskool ja, maar ons is hier vir sport,” het die middelveldspeler Toni Kroos Donderdag aan die media gesê.

“Ons kan ons tyd hier deurbring met ’n paar aktiwiteite. Dis geen probleem nie en ons sal hierna lekkerder vakansie hou.”

Volgens Kroos was daar met die span se aankoms nie water in die kamer van Thomas Schneider, die hulpafrigter, nie. Daar is probleme wat nog “uitgestryk” moet word, sê hy.

“Dis normaal dat als met jou aankoms vir jou nuut is. Sekere dinge werk nie so goed nie. Thomas het nie water gehad nie, maar ek het. Die basiese struktuur is egter goed en ons sal dit nie as ’n verskoning gebruik nie.”

Duitsland begin Sondag die verdediging van sy titel met ’n wedstryd teen Mexiko in Groep F. Hul ander wedstryde in die groep is teen Swede en Suid-Korea. – Reuters

Meer oor:  Duitsland  |  Wêreldbekersokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.