Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
WB-Sokker
WB begin met skouspel van kleur en klank

Die landsvlag van elk van die 32 deelnemende lande om die lywe van 32 vlagdraers, gimnaste wat op mekaar se hande rondhop en die pop-klanke van Robbie Williams.

’n Oorhoofse foto van die mat wat in die Luzhniki-stadion oopgerol is vir die openingseremonie van die Wêreldbeker-toernooi. Foto: Reuters

Dít is in ’n neutedop wat die kwartier lange openingseremonie van 2018 se Wêreldbeker-toernooi Donderdag in Moskou se Luzhniki-stadion opgelewer het.

In ’n skouspel van kleur en klank is ’n grasgroen mat vol sokkerballe op die sokkerveld oopgerol, waarop gimnaste gerol en getol het en al die vlae trots geswaai is.

Williams het die skare vermaak met drie van sy grootste treffers terwyl die wedstrydbal – wat vroeër vanjaar vir ’n paar dae op die Internasionale Ruimtestasie was – uitgedra is en deur die Brasiliaanse legende Ronaldo rondgeskop is.

Rusland se president, Vladimir Putin, het die sokkerwêreld daarna in sy land verwelkom.

Die feestelikhede het die eerste wedstryd, tussen die gasheer, Rusland, en Saoedi-Arabië voorafgegaan.

’n Vrou in die kleure van die Spaanse vlag glimlag breed tydens die seremonie. Elk van die 32 lande wat aan die Wêreldbeker-toernooi gaan deelneem, is op dié manier op die veld verteenwoordig. Foto: Reuters
Die sopraan Aida Garifulina het ’n aria op die rug van ’n bont voël gesing voor sy Robbie Williams se treffer ‘Angel’ saam met hom begin sing het. Foto: Reuters
Die vlae van Rusland en Saoedi-Arabië word hier tydens die openingseremonie in die Luzhniki-stadion vertoon. Al die deelnemende spanne se kleure is uitgebeeld in rokke wat vroue tydens die seremonie aangehad het. Foto: Getty Images
Die Britse sanger Robbie Williams tydens die seremonie. Foto: Reuters
Iker Casillas, die man wat Spanje in 2010 in Suid-Afrika tot Wêreldbeker-glorie gelei het, vou sy hande Donderdag weer om die trofee – die keer in die aanloop tot die 2018-toernooi se openingseremonie. Foto: Reuters

Meer oor:  Robbie Williams  |  Vladimir Putin  |  Moskou  |  Rusland  |  Sokker  |  Wb-Toernooi  |  Wb-Sokker  |  Wêreldbeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.