Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
WB-Sokker
Wedders vermy Rusland-wedstryde

’n Teenkorrupsie-konsultant sê beroepswedders vermy weddenskappe op Wêreldbekerwedstryde waar die Russiese span betrokke is weens twyfel oor integriteit.

Gianni Infantino, president van Fifa, en Wladimir Poetin, president van Rusland. Foto: Getty Images

ABCSport berig Mark Phillips, direkteur van Global Sport Integrity, sê hy is bekommerd.

“Ek weet daar is beroepswedders wat kyk na hierdie kragmetings in Groep A – Rusland, Uruguay, Egipte en Saoedi-Arabië – en sê hulle kan nie weddenskappe op daardie wedstryde plaas nie,” sê hy.

Phillips erken daar is slegs omstandigheidsbewyse vir oortredings van integriteit, maar sê die reputasie van sokker se beheerliggaam, Fifa, het baie skade gely.

Daar was agt jaar gelede bewerings van omkopery en korrupsie tydens die bodproses om die skouspel in 2018 en 2022 aan te bied. Rusland en Katar is onderskeidelik as die gasheer aangewys.

“Ek dink Rusland kan hom gelukkig ag dat Katar 2022 gewen het,” sê Bonita Mersiades, sportadministrateur en fluitjieblaser.

“Dit was so ’n absurde besluit vir hierdie klein landjie in die middel van die woestyn om ’n Wêreldbekerbod te wen, dat almal die feit ignoreer het dat Rusland in slegs twee rondes se stemmery gewen het.”

Rusland het met minstens een metriek, volgens die Elo-standaard, dit vermag om die maklikste loting van enige moderne Wêreldbekertoernooi te kry.

Phillips is bekommerd dat dit lyk asof Rusland ’n maklike kans in die groepfase van die toernooi gegun is.

“Rusland het met minstens een metriek, volgens die Elo-standaard, dit vermag om die maklikste loting van enige moderne Wêreldbekertoernooi te kry,” sê hy.

Hy wys ook daarop dat Fifa al sewe skeidsregters wat deur die Engelse sokkerbeheerliggaam (FA) aanbeveel is om in Rusland diens te doen, verwerp het.

Hierdie kan die eerste Wêreldbekertoernooi sedert 1938 wees sonder Britse skeidsregters.

“Die vraag is: Het Fifa hulle verwerp, of het Rusland hulle verwerp?

“Dit blyk of Rusland hulle verwerp het en as dit die geval is, hoekom het Rusland insae by wie as beamptes by die toernooi optree?

“Die skeidsregters vir die individuele wedstryde is nog nie aangewys nie, maar daar moet fyn dopgehou word wie die wedstryde waarin Rusland betrokke is, behartig,” sê Phillips.

“Wanneer jy ’n risikoprofiel op elke wedstryd plaas, vind jy die Rusland-wedstryde kom almal uit as hoërisiko.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Knoeiery  |  Wb-2018  |  Korrupsie  |  Wêreldbekersokker  |  Fifa  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.