Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Amerikaners ‘ignoreer’ ope-ningseremonie

Die NBC se uitsending van die Tokio-Spele se openingseremonie het net 16,7 miljoen kykers gelok.

Dit is die kleinste Amerikaanse televisiegehoor vir dié skouspel in 33 jaar.

Die Tokio-Spele se openingseremonie het die aandag van heelwat minder Amerikaanse kykers gelok as die skouspel in Rio de Janeiro in 2016 en Londen in 2012. Foto: Reuters

Volgens voorlopige data van NBCUniversal wat Saterdag bekendgemaak is, het sowat 17 miljoen mense die seremonie gekyk as die syfers van NBC se Olimpiese webtuiste, NBCOlympics.com, en die foontoepassing NBC Sports ook bygereken word

Die aantal kykers wat die geleentheid gestroom het, het met 76% toegeneem vanaf 2018 se Winterspele in Pjeongtsjang in Suid-Korea en met 72% van Rio de Janeiro se openingseremonie in 2016, wat op ’n verandering in kykersgewoontes dui.

Vrydag se kykers toon ’n skerp daling, ten spyte van hoe moeilik dit is om dit met vorige openingseremonies te vergelyk toe kykers minder opsies gehad het om die geleentheid te stroom.

Tokio se openingseremonie het met 37% afgeneem van 2016, toe 26,5 miljoen mense die begin van die Rio-Spele gekyk het, en met 59% afgeneem van 2012, toe 40,7 miljoen mense die Londen-Spele se openingseremonie gekyk het.

Tokio het die laagste aantal Amerikaanse kykers gelok sedert 1988 se Spele in Seoel, wat 22,7 miljoen kykers gehad het.

Dit is ook minder as 1992 se Barcelona-Spele, waar 21,6 miljoen mense dit op TV gekyk het, luidens Nielsen se data.

Die syfers vir Rio, Londen, Barcelona en Seoel dui die finale kykergetalle aan. Dit is egter nog nie vir die Tokio-spele beskikbaar nie.

Vanweë die Covid-19-pandemie het Vrydag se afgeskaalde openingseremonie ook plaasgevind met minder as 1 000 teenwoordiges in die Nasionale-stadion.

Met Tokio wat 13 uur voor Amerika se Ooskus is, het NBC vir die eerste keer die seremonie regstreeks om 06:55 uitgesaai, ’n faktor wat sonder twyfel ook ’n invloed op die syfers gehad het. – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Nbc  |  Olimpiese Spele  |  Openingseremonie  |  Tokio-Spele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.