Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Pool skok Medvedev by Wimbledon
Hubert Hurkacz het vir ’n groot opskudding by Wimbledon gesorg. Foto: Getty Images

Hubert Hurkacz van Pole het die tweede gekeurde Daniil Medvedev van Rusland se opmars Dinsdag by Wimbledon kortgeknip.

Die 14de gekeurde Hurkacz het vir die eerste keer in sy loopbaan die kwarteindronde van ’n Grand Slam-toernooi gehaal deur Medvedev in vyf stelle met 2-6, 7-6(2), 3-6, 6-3, 6-3 te verras. Hul wedstryd in die vierde ronde is Dinsdagmiddag eers voltooi nadat dit Maandagaand weens reën gestaak is. Die Rus was toe voor op 6-2, 6-7(2), 6-3, 3-4.

Medvedev het nog nooit verder as die vierde ronde by Wimbledon gevorder nie.

Hy het sy eerste afslaanpot met die hervatting van hul wedstryd verloor, wat aan Hurkacz die kans gegee het om af te slaan vir die vierde stel en die wedstryd tot ’n vyfde stel te verleng.

Die Rus was in die moeilikheid toe Hurkacz vroeg in die beslissende stel die voortou geneem het. Hy het in die negende pot ’n tweede deurbraak bewerkstellig om sy plek in die kwarteindstryd teen die sesde gekeurde Roger Federer van Switserland te bespreek.

Federer sal ’n sug van verligting gee, want Medvedev was vooraf die wenner van die grasbaantoernooi in Majorka.

Federer het die enigste kragmeting nog tussen hom en Hurkacz – op ’n hardebaan – gewen.

• Woensdag se ander kwarteindstryde is Novak Djokovic (Serw, 1) t. Marton Fucsovics (Hon); Karen Khachanov (Rus, 25) t. Denis Shapovalov (Kan, 10); Matteo Berrettini (It, 7) t Felix Auger-Aliassime (Kan, 16).

Meer oor:  Wimbledon  |  Tennis  |  Daniil Medvedev
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.