Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel 02 April 2018 19:57

Winnie Madikizela-Mandela se lewe was ’n wipwarit – van hoogtes as heldin van die bevrydingstryd en vrou van Nelson Mandela tot die laagtes van haar egskeiding en die ontvoering van en moord op die 14-jarige aktivis Stompie Seipei..

Aktueel 30 Augustus 2016 15:31

Hier is die redes waarom pres. Jacob Zuma sy minister van finansies, Pravin Gordhan, uit sy amp wil verwyder, skryf Adriaan Basson.

Menings 31 Maart 2016 13:10
Menings 31 Maart 2016 07:34

Die joernalistiek se sakemodel word tot in sy fondamente ontwrig. Hy het nie gedink die gety sal so vinnig draai nie, skryf Adriaan Basson op sy laaste dag as Netwerk24-redakteur.

Menings 16 Maart 2016 21:17
Menings 04 Maart 2016 16:34
Menings 10 Februarie 2016 11:06

Met een sweepslag het Zuma in effek sy rug gedraai op die lakeie, lojaliste en lafaards in die ANC wat twee jaar lank moes lieg om hom teen adv. Thuli Madonsela, die openbare beskermer (OB), se bevindings te beskerm.

Menings 04 Februarie 2016 14:43
Menings 04 Februarie 2016 10:53
Menings 03 Februarie 2016 13:55
Kommentaar 28 Januarie 2016 13:22
Menings 05 Januarie 2016 13:56
Menings 10 Desember 2015 21:27
Menings 06 November 2015 10:13
Menings 22 Oktober 2015 12:34

As jy tans ’n bietjie benoud voel oor die toekoms van Suid-Afrika, welkom by die klub.

Menings 09 Maart 2014 20:29

Pres. Jacob Zuma behoort vir Oscar Pistorius ’n biltongruiker te stuur. Vir dié wat nog nie gehoor het nie: Zuma is verlede week vir ’n tweede keer in drie maande deur ’n skare by die FNB-stadion uitgejou – hierdie keer tydens Bafana Bafana se wedstryd teen Brasilië. Maar dié storie was nie voorbladnuus nie omdat die hele wêreld se aandag gefikseer is op hofsaal D van die hooggeregshof in Pretoria. In nog ’n gelukkie vir ’n president onder beleg het adv. Thuli Madonsela, die openbare beskermer, aangekondig dat sy haar finale Nkandla-verslag op 19 Maart bekend gaan maak. Dit is in die middel van die Oscar-saak – heel waarskynlik terwyl ons gevalle lemnaeler getuig. Die drama en intrige in die Staat vs. Pistorius behoort egter nie ons aandag af te trek van waarskynlik die grootste storie van die jaar nie: die inploffing van die ANC. Oor minder as twee maande gaan ons stembus toe en dinge lyk nie goed vir die regerende party nie. Gister berig City Press die ANC se eie meningspeilings wys sy steun in Gauteng kan tot onder 50% daal. Volgens dié koerant het die party drie interne peilings gedoen oor verwagte steun in die ekonomiese hartland van Suid-Afrika. Die drie peilings plaas die ANC se steun op onderskeidelik 43%, 40% en 36%. Dit is strate van die ANC se sukses in Gauteng in vorige verkiesings. In 1994 het die party 57% van die steun gekry; in 1999 het dit gestyg tot 68%. In 2004 het die ANC weer 68% van die steun in Gauteng gekry en in 2009 het die persentasie tot 64% gedaal. ’n Daling van amper 20 persentasiepunte in Gauteng is ’n doodskoot vir die regerende party. As hy Gauteng verloor, loop die ANC die Zanu-PF-paadjie van ’n plattelandse party wat verwyderd staan van stedelike ontwikkeling en modernisering. Onthou dat die DA reeds in die Wes-Kaap regeer en waarskynlik vir nóg vyf jaar sal. Die ANC in dié provinsie is net te swak en desperaat om die DA te onttroon, ten spyte van groot interne probleme in Helen Zille se...

Menings 16 Maart 2014 20:04

Pres. Jacob Zuma gaan nie hierdie week bedank nie. Net soos wat hy nie bedank het toe ’n hooggeregshof bevind het hy was in ’n korrupte verhouding of toe hy onder eed geïmpliseer is by die landing van sy vriende se private vliegtuig op ’n lugmagbasis of toe die polisie 34 myners by Marikana doodgeskiet het nie. Adv. Thuli Madonsela se Nkandla-verslag, wat sy Woensdag bekend maak, is vir Zuma soos water van ’n eend se rug af. Vanoggend sal hy, begelei deur sy private blouligbende, oudergewoonte na sy kantoor in die Uniegebou gaan ná ’n rustige naweek in sy Nkandla-paleis, geborg deur die belastingbetaler. Twee lugmaghelikopters sou hom en sy geselskap teen ’n koste van R36 000 van die lughawe in Durban gevlieg het na Nkandla, waar die staat vir die president, sy vier vroue en sy minstens 21 kinders ’n veilige hawe gebou het. Madonsela maak na verwagting oormôre bekend wat sy en haar ondersoekspan bevind het oor die staat se besteding van enigiets tussen R208 miljoen en R260 miljoen aan Zuma se private woning, kompleet met ’n private brandweerstasie, kliniek, beeskraal en ondergrondse bunker. Madonsela behoort te bevind dat die president minstens nalatig was deur nie te gevra het waarom hy al die opknappings nodig het, wat dit kos en wie daarvoor betaal nie. Ten slegste het Madonsela bevind dat Zuma korrup opgetree en die parlement mislei het. Dit behoort te lei tot ’n strafregtelike ondersoek na hom. Maar dit sal nie. Nie terwyl Zuma president is en die ANC blindelings sy keiser sonder klere ondersteun nie. Oor twee maande gaan ons stembus toe. Die ANC moenie verbaas wees as sy steun hier by 60% gaan draai nie. Die party sal gestraf word, maar Zuma nie. Oor vyf jaar eindig Zuma se tweede termyn as president. Die ANC moenie verbaas wees as die party in 2019 by die stembus verslaan en onthou word vir sy grootskaalse korrupsie nie. Dit is die prys van Polokwane wat Afrika se oudste bevrydingsbeweging nou betaal. Byna die ganse...

Laai Meer
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.