Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
De Klerk verdien beter

Rapule Tabane is een van u rubriekskrywers wat ek met graagte lees.

Sy gedagtes is suiwer en beredeneerd, sy taalgebruik suiwer en sy kennis van die politiek wys dat hy baie op die hoogte van sake is.

Maar vanoggend is my hart seer, want oor sy gedagtes oor FW de Klerk val hy, soos die studente sal sê, uit die bus.

Hy sê in sy voorlaaste paragraaf: “ . . . terwyl hulle soos almal anders belastingbetalers is.”

Mnr. Tabane, wie is “hulle almal”?

Dit is reg as De Klerk sekerlik onder druk die besluite moes neem.

Maar dink u dit was sommer netso? Kan u u indink deur watter wroegings die man moes gaan oor die aardverskuiwende besluite?

Maar hy het dit gedoen, seer sekerlik met baie ure op sy knieë.

Ek dink hierdie Nobelpryswenner verdien beter.

Moenie bekommerd wees nie, ek sien nog uit na verdere aflewerings van u.

Meer oor:  Rapule Tabane  |  Fw De Klerk  |  Piet  |  Potchefstroom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.