Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Oosterlig | 21 Januarie 1971

Voorbladfoto-byskrif: Base wat graag aan die einde van hierdie jaar ’n uitsoeksekretaresse in diens wil neem, moet maar mooi kyk en solank hul keuse op die foto maak. Hierdie groepie mooi juffroutjies is almal vanjaar van plan om die Nasionale Sekretariële Sertifikaat by die kollege vir Gevorderde Tegniese Onderwys te behaal. Hulle is van bo na onder, soos hulle in rye staan, mejj. V. Mattheus, M. Nel, M. Rademeyer en N. Goosen. Middelste ry: A. Venter, E. Jansen, N. Naudé, R. Maritz. Derde ry: E. Schoombee, L. Gerber, E. Botha.

Bestudeer dolfyne: Dr. G.S. Saayman, dieresielkundige by die museum in Port Elizabeth, vertrek eersdaags na Plettenbergbaai om sy studie van die gewoontes van dolfyne voort te sit. Hy sal deur mnr. Chris Connalan, ’n tegnikus by die museum vergesel word. Die doel van die besoek aan Plettenbergbaai is om dolfyne in hul natuurlike staat te bestudeer. Robberg leen hom skitterend tot die doel aangesien dit twee myl in die see in strek. Aan die een kant is die water stil en kalm en aan die ander kant is dit stormagtig. Voorts is daar sandstrande en rotsagtige kuslyne. Die faktore bring mee dat dolfyne in alle moontlike natuurlike toestande bestudeer kan word. Die studie word hoofsaaklik onderneem om die seisoensgewoontes van dolfyne vas te stel.

Brei uit: Groot uitbreidings is op onderwysgebied aan die gang. Altesaam nege skole sal binne die volgende vier tot vyf jaar nuwe persele betrek. Die Laerskool Handhaaf hoop om oor sowat drie jaar na die nuwe perseel in Channerstraat te kan skuif.

Laaste wedstryd: BLOEMFONTEIN. – Dawie de Villiers, Springbok-rugbykaptein sedert 1965, het reeds begin oefen vir die eeufeeswedstryd van die Engelse Rugbyunie in April, maar hoewel daar op hom druk uitgeoefen word, bly hy by sy besluit om nie weer na afloop van die feeswedstryd rugby te speel nie. Na afloop van die feeswedstryde wat op 17 April ten einde loop, gaan De Villiers ’n ruk lank na Nederland in verband met sy studies.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.