Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 21 Januarie 1971

Zambië dreig oor wapens: Zambië het gister nog ’n stap verder gegaan in sy afdreiging van Brittanje oor die kwessie van wapenverskaffing aan Suid-Afrika. Hy het ’n reuse-bouprogram wat ’n Britse firma in Zambië onderneem, tydelik opgeskort.

Ontug in die Overberg: ’n Vooraanstaande geneesheer van Caledon, dr. F. T. Mangold, het gister voor ’n buitengewone tugkomitee van die Suid-Afrikaanse Geneeskundige en Tandheelkundige Raad verskyn op aanklag dat hy hom aan wangedrag skuldig gemaak het. Dit word hom ten laste gelê dat hy owerspel met een van sy pasiënte gepleeg het. Die klagte is teen hom ingebring deur mnr. P. J. D. Groenewoud, sy swaer.

Voor Brexit: Vir die derde keer binne twaalf jaar staan Brittanje op die rand van toetrede tot die Europese Ekonomiese Gemeenskap. Gaan dit die derde keer skeepsreg wees . . .?

As jou gewete pla: ’n Man wat ses weke gelede na bewering R8 000 gesteel het, het feitlik al die geld gisteroggend aan die polisie in Johannesburg teruggegee. Sy gewete het hom te veel gepla, het hy gesê.

Tragiese einde: Die tragiese huwelikslewe van ’n Nederlandse egpaar het gister in die Kaapse Hooggeregshof ten einde geloop toe . . . ’n egskeidingsbevel aan mnr. J. A. Olde-Olthof van Tulbagh toegestaan is. Mev. W. W. Olde-Olthof het die egpaar se vyf kinders op 2 November 1965 in Nederland met ’n byl doodgekap.

Steekdood: ’n Sewejarige seun, Reginald Muller, is gister naby sy huis in Port Elizabeth deur ’n swerm bye doodgesteek.

Baie Maties: Die Universiteit van Stellenbosch sal vanjaar vir die eerste keer in sy geskiedenis meer as 8 000 ingeskrewe studente hê . . . Na verwagting sal byna 2 000 studente vanjaar vir die eerste keer hier begin studeer.

Een hoofpyn, 500 pille: ’n Blanke is gister in Kaapstad . . . tot drie maande tronkstraf gevonnis omdat hy 500 hoofpyntablette gesteel het. Die beskuldigde het gesê dat hy hoofpyn gehad het en die pille om dié rede geneem het.

Advertensie: Henry Higgings: manspakke, suiwer wol Trevira en wol: R16.95

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.