Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede Die Burger | 16 September 1970

Sterk nuwe stappe: Die Eerste Minister, mnr. B.J. Vorster, het gister in die Volksraad drie belangrike aankondigings oor die Regering se Afrika-beleid gedoen: 1. die Regering is bereid om met enige swart staat ’n nie-aanvalsverdrag te sluit om die valse bewerings die nek in te slaan dat Suid-Afrika ander Afrika-lande wil aanval. 2. Suid-Afrika sal nie Kommunistiese oorheersing in Suider-Afrika duld nie en sal hom daarteen verset met al die middele tot sy beskikking. 3. Terrorisme sal beveg word, nie alleen in ons eie land nie, maar in enige land in Afrika, wie se regering Suid-Afrika versoek om dit te doen. Ook sal Suid-Afrika nie huiwer om terroriste te agtervolg tot in lande wat toelaat dat hulle as basis vir aanvalle gebruik word nie. Mnr. Vorster het voorts verklaar dat dit enige swart volk in Suid-Afrika vry staan om na die regering te kom en om selfbeskikking te vra. Die Regering is gereed om onderhandelinge daaroor te voer.

Breek weg van Wêreldraad!: “As die Suid-Afrikaanse lidkerke van die Wêreldraad van Kerke wat besluit het om geld te gee vir terroriste in Suider-Afrika nie besluit om hulle los te maak van hierdie organisasie nie, sal ek my plig versuim as ek nie teen hulle optree nie,” het die Eerste Minister, mnr. B.J. Vorster, gister in die Volksraad gesê.

Cohen-saak nader einde: Die lot van Ronald Cohen, boumagnaat van Constantia, sal waarskynlik oormôre om tienuur beslis word. Regter-president A.B. Beyers en sy twee assessore sal vandag en môre die getuienis in hierdie moordsaak deeglik oorweeg voordat uitspraak gelewer word.

Kaapstad kry nuwe spoorlyn: Die Minister van Vervoer, mnr. B. Schoeman, het gister in Kaapstad ’n aankondiging gedoen oor die beoogde spoorlyn tussen Kensington en Bellville. Die spoorlyn, wat reeds in 1945 beplan is, sal uiteindelik gebou word. Vir die inwoners in die Tygerberg tussen Monte Vista en Bellville sal die spoorlyn van groot belang wees weens die ten volle geskeduleerde passasiersdienste op die spoorlyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.