Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 1 Augustus 1969

Horwood word senator: Prof O.F.P. Horwood, rektor en vise-kanselier van die Universiteit van Natal, het gisteraand sy bedanking aangekondig. Hy tree aktief tot die politiek toe en sal in die volgende parlementsitting ’n Nasionale Senator word. Prof. Horwood, ’n swaer van die Rhodesiese premier, mnr. Ian Smith – hulle is met susters getroud – het die leiding van mnr. Vorster sterk aangeprys en gesê hy bring die nasie byeen soos nog nooit tevore nie.

Nuwe woonbuurt kom: ’n Luukse woonbuurt van R35 miljoen sal binnekort deur die Departement van Gemeenskapsbou en Goodwood se stadsraad ontwikkel word op die grond wat nou as die Akkers bekend staan. Luukse- en middelklaswonings word op die sowat 105 morge tussen Akkerweg en Monte Vista, aan weerskante van die nasionale pad, sowat sewe minute per motor van Adderleystraat af, beoog.

Hoër status verkry: Die lughawe D.F. Malan kry vroeg aanstaande jaar internasionale status wanneer ’n regstreekse vlug van Kaapstad na Londen ingestel word.

In lugdigte doodskis: Johan Louw, die sesjarige seun van Wellington wat Dinsdagoggend vermoedelik aan polio oorlede is, sal môremiddag op Wellington in ’n lugdigte kis deur sy sewejarige broertjie en drie klasmaats na die graf gedra word. Hierdie voorsorgmaat­reël word getref om enige moontlike besmetting te voorkom. ’n Lykskouing wat gisteroggend gehou is, het geen nuwe lig gewerp op die siekte wat die dood van die seun veroorsaak het nie. Intussen word daar nog gewag op die uitslag van die laboratoriumtoetse wat eers oor sowat twee weke bekend sal wees.

Dodelike byt: ’n Hond het eergister sy eienares op Mount Moriah gebyt – en doodgegaan. Mev. B. Hattingh het gesê die hond was die middag buite. Hy het later met skuim om die bek teruggekeer. Hy het haar aangeval en tien minute later doodgegaan. Die wond het septies geword, maar mev. Hattingh het gister gesê sy voel gesond. Van haar kliere het geswel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.