Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 10 April 1971

Vakverbond wil Bokke nie vervoer: ’n Ernstige botsing met die Australiese regering oor die Springbok-krieketspan word gevrees. Die grootste Australiese vakverbond het gedreig om alle Iug- en padvervoer, hotelgeriewe en ander dienste aan die span te weier indien die toer voortgaan. Die opposisie steun die vakverbond.

Duisende pelgrims op Lydensweg: In die ou deel van Jerusalem het duisende pelgrims, baie met swaar houtkruise op hul rug, gister langs die Via Dolorosa – die Lydensweg waarlangs Christus volgens oorleweringe negentien eeue gelede na sy kruisdood op Golgota gegaan het – ’n pelgrimstog onderneem.

Staat gaan dam self bou: Die siviele werke aan die P.K. le Roux-dam in die Oranjerivier gaan deur die Departement van Waterwese self onderneem word. Volgens die aankondiging gaan die departement die dam bou nadat besluit is dat die laagste tender van R49 490 000 nie aanvaar kan word nie.

Apartheid? Wie, ons? Die Suid-Afrikaanse ambassadeur in Amerika (mnr. Harold. L.T. Taswell) het eergister ontken dat Suid-Afrika ’n beleid van blanke heerskappy volg.

Water is net betyds: Die Voëlvleidam se water kom vandeesmaand blykbaar net betyds, want die Wemmershoek- en die Steenbrasdam is reeds baie leeg.

Brezjnjof herkies: Leonid Brezjnjof het gister in Moskou aan die einde van die 24ste kongres van die Russiese Kommunistiese Party aangekondig dat hy eenparig herkies is tot hoofsekretaris van die party, die hoogste pos in Rusland.

Uhm . . . nee, ek weet nie: Die bekende aktrise Brigitte Bardot het gister by die polisie gaan kla dat haar klein motortjie gesteel is, maar kon nie die registrasienommer verstrek nie.

Persoonlik: Mej. Annie Kruger van Mowbray sterk tuis aan nadat sy haar 36ste operasie in die Volkshospitaal ondergaan het. Sy was twee jaar gelede in ’n motorongeluk in Pretoria.

Advertensie: As die kat weg is, is die wysie baas by Goeie Hoop-huisvrouens . . . En saans beur die strelende musiek van Radio Goeie Hoop hul hardwerkende wederhelftes op.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.