Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 10 September 1969

Hulle bots oor sport: ’n Dramatiese konfrontasie tussen die Eerste Minister, mnr. B.J. Vorster, en dr. Albert Hertzog, L.V. vir Ermelo, het gisteraand in Pretoria op die Transvaalse kongres van die Nasionale Party plaasgevind. Hulle het gebots oor die Regering se sportbeleid. Dr. Hertzog en tien ander mense, onder wie mnr. Gert Beetge van Pretoria, het ná afloop van ’n openhartige bespreking téén ’n voorstel gestem waarin goedkeuring vir die Regering se sportbeleid gevra word. Sewe ander mense, onder wie mnr. Jaap Marais, L.V. vir Innesdal, het buite stemming gebly.

Hy hoor stemme: Gordon Richard van Niekerk, wat dr. Bettie (Smal) van der Walt ontvoer het, het voor die ontvoering in sy gedagtes allerhande “stemme” gehoor. Toe hy haar in die kombi gooi, was dit asof dit nie hy was wat dit gedoen het nie. “Ek het twee mense gesien; een van hulle was ek, die ander een was sy. Maar dit was asof ek geen deel daaraan gehad het nie,” het hy gister ter versagting getuig. Die 43-jarige bestuurder van ’n musiekwinkel in Pretoria is skuldig bevind aan menseroof.

Boeredag: Die Simmentalers-telersvereniging hou op 13 September ’n boeredag op Tosca in die distrik Vryburg. Twee deskundiges op die gebied van hierdie beesras sal praatjies lewer.

Oproer eis lewens: Troepemagte en polisie het gister negentien mense in Accra, Ghana, doodgeskiet wat oproer gemaak het weens die regering se keuse van ’n hoof vir die Dagomba-stam. Twee valskermbataljonne en tweehonderd lede van die onlustepolisie het Yendi patrolleer.

Spotprent: T.O. Honiball teken ’n man in ’n winkel wat by die toonbank staan en aan die dame daaragter sê: “Ek kom niks koop nie, niggie, ek kom net ’n bietjie Afrikaans praat!”

Advertensie: OK se ekstra spesiale aanbiedinge en boonop gratis afleweringe: Ricory-kitskoffie 12 oz.-blik 39c, varsbevrore hoender 14c per pd., Crosse & Blackwell spaghetti met kaas, 10 oz.-blik 7c, Delsey-toiletpapier 3 rolle vir 25c, Vim skuurpoeier 12c per bus en Cobra vloerpolitoer 21c per groot blik.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.