Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 11 April 1969

Klein Vaaldam ontdek:’n Reusagtige varswaterdam met ’n inhoud twee derdes so groot soos dié van die Vaaldam, is naby Walvisbaai diep onder die sand van die Namib-woestyn ontdek, het mnr. Wenzel du Plessis, voormalige administrateur van Suidwes, in Pretoria aangekondig. Hy het hierdie aankondiging gedoen toe hy die nuwe laboratoriums van die W.N.N.R. se afdeling natuurlike isotope en van die geofisiese groep geopen het. Hierdie verreikende ontdekking is gedoen deur ’n span onder leiding van die direkteur van die fisiese laboratoriums, dr. Jan van Zijl, in oorleg met Suidwes se departement van waterwese en geologiese opnames. Die geofisiese prospekteermetodes wat deur die span gebruik is, het getoon dat daar ’n enorme watervoorraad van sowat 63 miljoen kubieke voet diep onder die Namib lê. Die nuutgestigte afdeling natuurlike isotope kon vasstel dat die water nie oud is nie, wat daarop dui dat die voorraad deur ’n gereelde invloei aangevul word.

Uit die hartfonds: Die trustees van die Chris Barnard-Fonds het gister aangekondig dat twee reisbeurse uit die beskikbare geld toegeken is. Die eerste is aan dr. J.L. Besselling van die fakulteit van ingenieurswese aan die Universiteit van Kaapstad toegeken en die tweede aan prof. dr. Athol G. Riddell, hoogleraar in die chirurgie aan die Universiteit van Bristol. Dr. Besselling se beurs sal hom in staat stel om in Julie vanjaar na Amerika te gaan, waar hy die kunshart, hartpompe en verskeie ander ingenieursaspekte van die chirurgie sal bestudeer. Dr. Riddell sal in Kaapstad deelneem aan die navorsingsprogram oor oorplantings en sal ook lesings hou oor verskeie aspekte van leweroorplanting, met spesifieke verwysing na immunologiese reaksies en die beheer daarvan.

Skrywer ongesteld: Prof. D.F. Malherbe, gevierde Afrikaanse skrywer, het gisteraand in Bloemfontein ’n hartaanval gehad. Hy het teen vyfuur vanoggend aan die slaap geraak en dit gaan nou beter met hom.

Lafenis hier: Verdere deurdringende reën het gister oor die meeste dele van die Kaaplandse binneland uitgesak en die droogte op baie plekke finaal gebreek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.