Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 11 Februarie 1969

Geen regverdiging: Daar is geen regverdiging vir Oos-Duitsland se jongste beperkinge op reise oor Iand deur Wes-Duitsers na Wes-Berlyn nie, het die drie vernaamste Westerse bondgenote gister in Bonn verklaar. In drie eenders bewoorde verklarings wat hier deur hul onderskeie ambassades uitgereik is, het Amerika, Frankryk en Brittanje die Sowjet-Unie daaraan herinner dat hy, en nie Oos-Duitsland nie, verantwoordelik is vir die vry en ongehinderde toegang van mense en goedere tot Berlyn. Oos-Duitsland het in die naweek aangekondig dat lede van die Wes-Duitse parlement en weermagmanne van Saterdag af verbied word om per pad of spoor oor Oos-Duitse gebied na Berlyn te reis. Die beperking geld tot nadere kennisgewing.

Uitruil van geskenke: Mev. Elize Botha, eggenote van die Minister van Verdediging, mnr. P.W. Botha, het gisteroggend aan mev. H.J. de Sá Viana Rebelo, eggenote van die Portugese minister van verdediging, ’n silwer aandenkingsbakkie oorhandig. Die middelste stuk bestaan uit ’n R1-silwerstuk met Jan van Riebeeck se kop. Die muntkant met die springbok is aan die onderkant sigbaar. Mev. Rebelo was baie in haar skik, veral omdat sy ’n muntversamelaar is. Sy het op haar beurt aan mev. Botha ’n silwer-juwelekissie gegee. Die geskenke is by ’n teeparty by die offisiersmenasie in Wynberg oorhandig.

Keer die knieë!: Mini-tabberds sal in Zambia verbied word as ’n aanbeveling aangeneem word wat ’n komitee gedoen het by ’n konferensie oor die Zambiaanse kultuur wat eergister in Lusaka ten einde geloop het. Die komitee het o.m. aanbeveel dat die dra van pruike, togas, noupassende broeke en slenterbroeke in Zambia ontmoedig word, en dat mini-tabberds heeltemal verbied word. Die pruike van regters sowel as die togas van regsgeleerdes in Zambia moet herontwerp word. Bleikroom en ander skoonheidsmiddels moet nie na Zambia ingevoer word nie. Voorts moet rolprente waarin seks en geweld voorkom, belet word. Veelwyery is toelaatbaar, omdat minnaresse vir getroude mans nie toegelaat word nie, dit verminder die stigma van buite-egtelike kinders en egskeidings.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.