Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 11 Januarie 1969

Twee sal op maan wees: Twee Amerikaanse ruimtemanne, kol. Edwin Buzz Aldrin en Neil Armstrong, sal voor einde vanjaar op die maan land en 22 uur daar deurbring terwyl hul derde makker, lt. kol. Michael Collins, alleen in die Apollo 11 kapsule sal agterbly. Armstrong en Aldrin sal nie langer as drie uur buite die maaneenheid op die maanoppervlak deurbring nie. In daardie tyd sal hulle rotsmonsters versamel en eenvoudige eksperimente uitvoer. Een sal wees om die grootte van die kraters op die maan te meet.

Ouers boos oor uitslae: Talle ouers in Wes-Kaapland het gister by Die Burger navraag gedoen oor die uitslae van die Kaapse Senior Sertifikaat-eksamen. Hulle was bitter teleurgesteld – en ontstoke – toe hulle verneem dat die Transvaalse uitslae verstrek kan word, maar nie Kaapland s’n nie. “Ek gee nie ’n duit om wat in Transvaal gebeur nie. Wat ek wil weet, is of my Susara deurgekom het!” het ’n vrou vererg gesê.

The Hump arriveer: Engelbert Humperdinck, Britse popsanger, het gister op die lughawe D.F. Malan aangekom, waar hy deur Zoeloe-stamdansers verwelkom is en vir fotograwe geposeer het met ’n skildvel wat een van hulle aan hom geleen het. Hy tree tot aanstaande Saterdagaand elke aand in die Drie Kunste-teater in Plumstead op.

Nog een geskaak: ’n Boeing 727 van Eastern Airlines, met 73 passasiers en ’n bemanning van ses aan boord, is eergister geskaak en gedwing om na Kuba te vlieg, kort nadat dit opgestyg het op pad na Nassau in die Bahamas. Dit is die tweede Amerikaanse vliegtuig wat vanjaar geskaak en gedwing is om na Kuba te vlieg.

Blankes raak meer: Die blanke bevolking van die landdrosdistrik Paarl het verlede jaar na verhouding vinniger as die Kleurling-bevolking toegeneem. Boonop het die blankes na raming byna dubbel so vinnig toegeneem as voorverlede jaar – met 4,3 teenoor 2,4 persent in 1967.

Advertensie: Die Beeld gaan voort om die fotoroman Die Geheim van Nantes te publiseer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.