Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 11 Julie 1968

Grootste Afrika-dam: Die kontrak vir die bou van die eerste fase van die reusagtige Cahora Bassa-projek in Mosambiek – die grootse hidro-elektriese damplan in Afrika – is voorlopig toegeken aan ’n konsortium bestaande uit firmas van Frankryk, Suid-Afrika, Swede en Wes-Duitsland, berig Sapa uit Lissabon. Hierdie fase sal R101 miljoen kos. Die onderneming pas in by die beleid van dié van ekonomiese samewerking in Suider-Afrika, het mnr. Jan Haak, Minister van Ekonomiese Sake, gister gesê.

Rooi set misluk: Die Internasionale Tennis­federasie (I.T.F.) het gister ’n Russiese voorstel verwerp waarin gevra is dat Suid-Afrika “op grond van sy rassediskriminasie in sport” uit die federasie gesit word. ’n Poolse voorstel, wat daarop gemik was om Suid-Afrika uit die Davisbeker-kompetisie te kry, het ook misluk omdat hierdie kompetisie nie onder die beheer van die I.T.F. val nie.

SA jag voor: Die Suid-Afrikaanse seiljag Stormvogel, met mnr. C. Bruynzeel van Stellenbosch aan die stuur, het gister nog voorgeloop in die Transatlantiese wedvaart van Bermuda na Travemünde.

Hulle doen Bond na: Sedert die koms van die spioenasieprent met die selfversekerde James Bond as die spioen, het talle rolprentmakers al die goudmyn ontgin en in meer as een opsig uitgebuit – soos die nuwe rolprent Danger Point. Gaan kyk na hierdie rolprent as u niks anders as verstrooiing in die bioskoop soek nie.

Daggasmous gevonnis: ’n Sewentigjarige Kleurlingvrou, Kretjie Lombaard, is gister in die Paarl tot R400 boete of 18 maande tronkstraf gevonnis nadat sy met 9 pond dagga betrap was.

Bomwerpers verwilder: ’n Lid van die Amerikaanse geheime diens het gister ’n waarskuwende skoot op twee Negers geskiet nadat hy hulle met brandbomme naby die huis van Ronald
Reagan, goewerneur van Kalifornië, betrap het.

Vrystater trou met Japanner: ’n Jong Vrystater wat met ’n Rhodes-beurs aan die Universiteit van Oxford gaan studeer het, gaan op 30 Augustus daar met ’n Japanse meisie trou. Hy is mnr. R.P.G. Steven van Bloemfontein, en sy aanstaande bruid is mej. Tsjikoesa Kimoera, wat aan dieselfde universiteit studeer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.