Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 11 Julie 1969

V.S.A. vrees oorlog: Amerika het sy diplomatieke pogings om die vyandelikhede in die Midde-Ooste te beëindig gister aansienlik uitgebrei, berig Associated Press. Amerikaanse amptenare meen dat die toestand in die Midde-Ooste nou op die rand van oorlog is. Die Amerikaanse vermanings tot selfbeheersing word toegespits op, maar nie beperk tot Egipte en Israel, het ’n amptenaar gister gesê. Die lande wat Amerika verteenwoordig in Arabiese lande soos Sirië, wat in 1967 sy diplomatieke betrekkinge met Amerika verbreek het, word ook gevra om op selfbeheersing en verdraagsaamheid aan te dring. Amerikaanse amptenare erken dat hulle min kan doen behalwe om dit by albei kante in te skerp dat die huidige, verhoogde spanning kan lei tot ’n uitgebreide oorlog.

Geskiedenis in oënskou: Op 1 November vanjaar onthul mnr. P. W. Botha, Minister van Verdediging, ’n standbeeld van Danie Theron by die Danie Theron-krygskool in Kimberley. Op 1 November ontvang die krygskool sy vlag, en skilderye van bekende Boeregeneraals word onthul.Nog ’n hartman oorlede: Wes-Duitsland se derde hartoorplantingspasiënt, ’n 26-jarige manwie se naam nie bekend gemaak is nie, is gister in Wes-Berlyn oorlede, enkele ure nadat hy ’n ruilhart by die kliniek van die plaaslike universiteit ontvang het. Die operasie is deur prof. Emil Bücherl, ’n vriend van die Suid-Afrikaanse hartchirurg prof. dr. Chris Barnard, uitgevoer.

Fout in vuurpyl: Tegnici het gister die lekplek in die drukstelsel van die Apollo 11 gekry en daar is metodes gesoek om dit te herstel sodat die aftelling vir die maanlandingsvaart soos beoog vanoggend om twee-uur (S.A. tyd) sou kan begin. Die lekplek is gisteroggend in die helium-drukstelsel van die eerste deel van die Saturnus 5-vuurpyl ontdek. Die stelsel dien om druk in die brandstofhouers van die vuurpyl op te bou.

Afrikaans in Engels:Drie navorsers van die Universiteit van Suid-Afrika het reeds duisend Afrikaanse woorde nagespeur wat deur Engelstaliges oorgeneem is. Dit sluit woorde in soos dassie, veld, stoep, koppie, biltong, spoor, kloof en rooinek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.