Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 11 Junie 1971

Betogers bestook min. Botha: Sowat dertig skreeuende betogers het gisteroggend in Londen Suid-Afrika se Minister van Verdediging, mnr. P. W. Botha, met rookbomme en tamaties bestook kort nadat hy in Whitehall aangekom het vir ’n hoflikheidsbesoek aan die Britse minister van verdediging, lord Carrington.

Feesparkering is gratis: Die stadsraad van Goodwood het besluit om alle parkeerkaartjies terug te trek wat sy verkeersbeamptes tydens die hoofverrigtinge van die Republiekfees in Goodwood uitgereik het.

Vreugde oor Mamre-plan: Die aankondiging van mnr. J. J. Loots, Minister van Beplanning, dat ’n nywerheidsgebied by Mamre geproklameer gaan word, is gister met groot geesdrif op Malmesbury en Darling ontvang.

G’n stryd tussen staat en kerk: Die Regering het die afgelope tien jaar teen slegs 23 geestelikes opgetree deur hulle te deporteer of tydelike verblyfpermitte in te trek. Dit terwyl daar meer as 6 000 geestelikes in die land is.

Kleurlinge bekommerd oor misdaad: Die vlaag van misdadigheid wat gebiede op die Kaapse Vlakte teister, het daartoe gelei dat ’n afvaardiging van drie lede van die Verteenwoordigende Kleurlingraad eergister samesprekinge met die waarnemende. distrikskommandant van Athlone, lt-kol. D. A. L. van Lill, gevoer het.

Skaf dit af en rampspoed wag: Die verkoop van drank in blanke gebiede vir binneverbruik deur nie-blankes kan nie sonder rampspoedige gevolge vir die hele wynbedryf afgeskaf word nie. Só het mnr. J. van R. Maartens, ’n direkteur van die Kaapse Wyn- en Spiritualieë-Instituut, gister in Kaapstad gesê.

Prins Philip is 50: Prins Philip, uitgesproke en dikwels omstrede eggenoot van koningin Elizabeth, het gister sy vyftigste verjaarsdag gevier.

Persoonlik: Mnr. J.G. Swart, posmeester op Napier, het ’n vergadering van die Kersseëlvereniging in Kaapstad bygewoon waar ’n sertifikaat van meriete vir buitengewoon goeie verkope van Kersseëls in 1970 aan hom oorhandig is.

Advertensie: Paarl Perlé, nou in die nuwe groot 2-liter-fles met spesiale Flavor-Lok-seël.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.