Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 11 Oktober 1968

Ekonomiese bloeitydperk voorspel: Die Suid-Afrikaanse ekonomie is op pad na ’n nuwe bloeitydperk. Die bevolking se lewenspeil sal aanstaande jaar nog vinniger styg as in die vorige vier jaar, verbruiks- sowel as kapitaalbesteding sal baie sterk styg en inflasionistiese druk sal toeneem, volgens die Buro vir Ekonomiese Ondersoek van die Universiteit van Stellenbosch in sy vooruitskatting vir 1969.

Player speel fantasties: Gary Player van Suid-Afrika het gister op die Wentworth-gholfbaan naby Londen geskitter deur Peter Thomson van Australië op die eerste dag van die Piccadilly-putjiespeltoernooi met 8 en 7 te verslaan. Player, wat hierdie toernooi in 1965 en 1966 gewen het, het hom geensins van stryk laat bring deur die sopnat baan nie en ’n manjifieke 66, agt houe minder as syfer, gespeel.

Man oor LSD-sterfte gevonnis: Robert Lipman, 37-jarige Amerikaanse eiendomsagent, is gister in Londen in die Old Bailey tot ses jaar tronkstraf gevonnis weens die dood van ’n Franse model, Claudie Delbarre. Lipman is van moord vrygespreek, maar skuldig bevind aan strafbare manslag. Volgens getuienis was Lipman tydens die moord onder die invloed van LSD.

Caetano na Afrika: Dr. Marcello Caetano, nuwe eerste minister van Portugal, sal binnekort Portugal se oorsese gebiede besoek. Die eerste gebiede wat hy sal besoek is Portugees-Guinee, Angola en Mosambiek.

Advertensie: Ackermans se 52ste verjaardag-uitverkoop – volg die skare! Somertabberds, skoolskoene, asook poppe van verskillende groottes vir net R1,99.

50 Jaar gelede in Die Burger

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.