Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 11 September 1969

Verdeeldheid beveg: Omdat die Verenigde Party en ander teenstanders van die Nasionale Party magteloos geword het, wil hulle toekomstige verkiesings nie op eie krag veg nie, maar in die hoop op verdeeldheid in die Nasionale Party en die inbring van derde kandidate. So het die Eerste Minister; mnr. B.J. Vorster, gisteraand gesê. Hy het in Pretoria ’n groot vergadering toegespreek op die kongres van die Transvaalse Nasionale Party. Die Eerste Minister, wat geesdriftig verwelkom en telkemale toegejuig is deur die groot skare van byna vierduisend mense wat die Pretoriase stadsaal tot oorlopens toe gevul het, het in sy toespraak ook na twee ander sake verwys: die aanstaande ondersoek na die staatsveiligheid en regters se kritiek op wetgewing oor die Buro vir Staatsveiligheid en die tempo van afsonderlike ontwikkeling, wat volgens hom heeltemal bevredigend is.

Lokasies geskiedenis: Die dae van wit lokasies in Suid-Afrika is vir goed verby. Hy sal hom nie steur aan snobisme van rykes wat beswaar maak teen die bou van ekonomiese huise in hulle omgewing nie, het die Minister van Gemeenskapsbou, mnr. B. Coetzee, gister in Pretoria by die Transvaalse N.P.-kongres gesê. Die Minister het geantwoord op debatte oor huisvesting vir groot gesinne. Die planne wat in die vooruitsig gestel word, sal vir gebalanseerde gemeenskappe wees, met ryk, middelklas- en arm mense. Die afgelope jaar is meer as R23 000 se wooneenhede ingevolge die verskillende planne gebou. Dit is ’n bewys dat die Regering besig is om die agterstand wat blanke huisvesting betref, in te haal.

Minister stel gerus: Die bewering dat die lewensduurte in Suid-Afrika ná die instelling van koopbelasting drasties gestyg het, is totaal ongegrond, het die Minister van Finansies, dr. N. Diederichs, gister gesê.

Ikeys wen: Die Ikeys het die Tukkies gister in die Suid-Afrikaanse interuniversitêre rugbytoernooi met 20-9 verslaan – en vir die eerste keer die Ted Sceales-trofee van die Tukkies afgeneem.

Advertensie: Frankryk devalueer Frank! Renault verlaag prys! Van alle modelle! Skielik is elkeen op ons voorkoms en nuwe prys verlief.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.