Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 12 April 1969

U.S.S.R. maak opslae: Die Sowjet-Unie het ’n stap gevorder in een van die belangrikste navorsingsprojekte in die wêreld: die poging om die krag van die waterstofbom te tem. As dáárin geslaag word, sal die mensdom ’n onbeperkte kragbron hê, omdat waterstof een van die volopste elemente is. Associated Press berig uit Washington dat ’n Amerikaanse deskundige, prof. David Rose van die M.I.T., ’n verslag van die Russiese direkteur van kernnavorsing akademielid L. A. Artismowietsj onder die oë gehad het. Prof. Rose sê die Russiese verslag dui op die “beste kombinasie van eksperimentele faktore wat nog deur enige nasie verkry is”. Die pogings om die waterstofbom te tem, is al twintig jaar aan die gang. Die energie van ’n atoombom of enige kernreaktor word geproduseer deur die splitsing van swaar atome, soos dié van uraan. Die waterstofbom kry sy energie uit ’n proses van fusie, waarin waterstofatome ineensmelt tot die swaarder atome van helium, met die los­lating van ontsaglike hoeveelhede krag. Tot 1962 het die V.S.A. die onbetwiste leiding gehad in hierdie navorsing, maar sedertdien het die Sowjet-Unie sy agterstand agterhaal deur twee keer soveel manne en geld in te werp.

Uittrede aangekondig: Die Kaaplandse administrateur, dr. Nico Malan, tree aanstaande jaar af. Hy het dit gister op Humansdorp, sy ou kiesafdeling, aangekondig toe hy die skoolterrein van die hoërskool wat na hom genoem is amptelik geopen en sy sportgeriewe ingewy het.

Stryd in Transvaal: Die dagbestuur van die Nasionale Party van Transvaal het besluit om, soos in die verlede, weer ’n maandelikse inligtingsblad uit te gee. Die nuwe blad se naam sal Stryd wees.

Advertensie: Dr. Marius Hugo, Suid-Afrika se groot held in fotoromans, is terug! Hierdie bekende figuur maak weer sy verskyning in ’n nuwe drama van liefde, leed en spanning – elke week in ons nuwe Foto-Beeld. Hierdie verhaal en ook Die Banneling en Rooi Jan en al die mooi strokies sal verskyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.