Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 12 Augustus 1969

Bekende ontvoer: ’n Bedrag van R75 OOO is gisteraand as losprys geëis van ’n bekende hoogleraar van Pretoria nadat sy vrou gisteroggend kort ná elfuur ontvoer was. Prof. dr. J. A. van der Walt, hoogleraar in sosiologie aan die Universiteit van Suid-Afrika, het aan Die Burger gesê sy vrou is baie siek en het mediese behandeling dringend nodig. Sy was die laaste tyd gedurig in die bed. Mev. Van der Walt, in Pretoria beter bekend as dr. Bettie Smal, het einde Mei vanjaar haar pos by die H.F. Verwoerd-hospitaal in Pretoria om gesondheidsredes bedank. Sy was assistent-superintendent by die hospitaal. Genl. Danie Bester, speurhoof van die Republiek, bygestaan deur talle speurders van Pretoria, was gisteraand by die huis van die Van der Walts in Lawleystraat 79, Waterkloof. Presies om sesuur het die telefoon in prof. Van der Walt se huis gelui. ’n Temerige stem het gevra: “Het jy die geld?” Talle speurders, onder aanvoering van genl. Bester, het dadelik aan die werk gespring.

Vreemde patats: As daar een ete is wat mnr. Abie Bouwer, ’n onkruidinspekteur van Somerset-Oos nooit sal vergeet nie, was dit die middag toe hy so heerlik gesmul het aan die opregte wurgpatat wat deur hulle bediende voorberei was. Toe vroulief later haar dahliabolle wou gaan plant, het sy van die opgesnipperde dele in die vullisblik ontdek. Die bediende is genader, wat vertel het dat sy die bolle in die tuin gekry het. Eers teen die aand toe mnr. Bouwer nog niks van die bolle oorgekom het nie, het sy vrou hom vertel dat hy haar dahliabolle, pleks van patats geëet het.

Hervestiging bespreek: Die hervestiging van Kleurlinge en Indiërs in Suid-Afrika sal binne sewe jaar afgehandel wees, volgens mnr. B. Coetzee, Minister van Gemeenskapsbou en Openbare Werke. Dit is veral te danke daaraan dat die Kleurlinge en Indiërs se aanvanklik vooroordeel teen hervestiging grootliks verdwyn het. 51 000 het reeds behoorlike huisvesting gekry, in teenstelling met die krottoestande waarin hulle vroeër was.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.