Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 12 Junie 1969

Bewindsoorname gefnuik: Planne van die stigter van Scientology, Lafayette Ron Hubbard, om Suid-Afrika met die hulp van vyfduisend gewapende nie-blankes oor te neem, is gister in Johannesburg voor die kommissie van ondersoek na die kultus onthul. Scientology se hoofamptenaar in Suid-Afrika het opdrag van die beweging se hoofkwartier in Engeland ontvang om vyfduisend nie-blankes te organiseer en te bewapen om die land oor te neem, het ’n getuie gesê. Regter C.P.C. Kotze, voorsitter van die kommissie van ondersoek, het gevra dat die getuie se naam nie bekend gemaak word nie. Die man het, soos verskeie ander getuies voor hom, uit vrees vir weerwraak versoek dat sy naam verswyg word. Die kommissie het gister sy sitting afgesluit en vertrek nou na Kaapstad, waar nog getuienis oor Scientology se bedrywighede in Suid-Afrika van Dinsdag af gehoor sal word.

Niere oorgeplant: Twee nieroorplantings is in die naweek in die Johannesburgse Algemene Hospitaal uitgevoer. Die pasiënte is in ’n bevredigende toestand, het ’n woordvoerder van die hospitaal gister gesê. Daar is nou reeds 29 nieroorplantings in dié hospitaal uitgevoer.

Skoknuus vir talle: Een van S.A. se bekendste sportvroue, mej. Edith Allnutt (32) van Capri-woonstelle, Port Elizabeth, is gister deur die polisie in Walmer in haar motor dood aangetref. Volgens ‘n polisiewoordvoerder het sy haarself vergas. Mej. Allnutt was ’n voormalige joolkoningin van die Rhodes-Universiteit, O.P.-hokkie- en Springbok-muurbalspeelster. Sy het ook haar Springbokkleure in atletiek verwerf.

Sluit kroeë, asseblief: Kroeë behoort vir die volle duur van die Paasnaweek gesluit te wees, is gister op Mosselbaai by die kongres van die Suid-Kaaplandse Landbou-Unie besluit. Mnr. J.E. Geldenhuys van Stilbaai het gesê dat meer mense na die kroeë stroom omdat al die ander sakeondernemings gesluit is. Talle noodlottige ongelukke word deur die oormatige gebruik van drank veroorsaak. Mnr. Ernst Bruwer van Riversdal het vertel dat Pasteur gesê het ’n dag sonder wyn is ’n dag sonder sonskyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.