Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 13 April 1971

Bom by SA-kantoor: ’n Ontploffing wat vermoedelik deur ’n pypbom veroorsaak is, het die kantoor van die Suid-Afrikaanse konsulaat-generaal in New York gister erg beskadig.

Haaie verskeur baaier: Die mense van Buffelsbaai was gister nog verslae oor die noodlottige en byna ongelooflike haai-aanval op ’n Wes-Duitse vakansieganger terwyl hy Sondag net agter die veilige branders van dié gewilde strandoord geswem het. Twee reuse-haaie – vermoedelik Zambezi-haaie – het die 57-jarige mnr. Theo Klein, ’n hotelbestuurder van Frankfort, Wes-Duitsland, ten aanskoue van honderde vakansiegangers aangeval en verskeur.

Wat’s vir ontbyt, ma? ’n Daggasigaret het op Goeie Vrydag op ’n sonderlinge plek te voorskyn gekom – in die brood wat mev. H. Zietsman van Humansdorp vir die ontbyttafel gesny het. Nie dat mev. Zietsman dit herken het nie.

Dalk gemengde fietsry: ’n Voorgestelde verandering in die grondwet van die Suid-Afrikaanse Fietsryvereniging sodat fietsryspanne in die toekoms slegs na verdienste, en ongeag kleur, gekies sal word, sal in Junie . . . bespreek word.

Sean vir oulaas 007: Sean Connery, die Skotse filmster wat veral as James Bond bekendheid verwerf het, gaan nog een keer die rol van hierdie legendariese spioen-held vertolk.

Hain ‘bevorder’: Peter Hain, die 21-jarige student wat verlede jaar ’n veldtog teen die beoogde Springbok-kriekettoer in Brittanje gelei het, is gister in Plymouth tot voorsitter van die Young Liberal Movement verkies.

Aarde se vrag al swaarder: Die Kommunistiese China sal in 1990 ’n bevolking van meer as 1 000 000 000 mense hê, terwyl Indië aan die einde van die eeu ook soveel inwoners sal hê, volgens die bevolkingsafdeling van die V.V.O.

Op die Vroueblad: Volgens ’n opname wat onlangs gedoen is, is Franse vroue vandag langer en skraler en het hulle laer en platter buustelyne as voorheen . . . Die opname meld ook dat Franse vroue . . . dikker enkels en langer voete het.

Advertensie: Tri-Matic, General Motors se volkome nuwe 3-gang-ratkas. Dis as’t ware 3 ratkaste in een.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.