Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 13 Augustus 1969

Goed getêkkel: Mof Myburgh, groot Springbok-voorryman van Noord-Transvaal, se blus was gisteraand letterlik uit nadat hy soos ’n wafferse vleuel die beweerde ontvoerder van dr. Bettie Smal, vrou van prof. J. A. van der Walt, van Pretoria, ingehardloop en gevang het. Mof, ’n luitenant in die speurdiens, was een van talle speurders wat gehelp het met die oplossing van Suid-Afrika se jongste ontvoeringsaak. Toe sy vrou, Aneline, by speurders gehoor het dat haar man die beweerde ontvoerder gevang het, wou sy dit eers nie glo nie. Sy het gedink hulle spot met haar omdat Mof so groot is en nie juis bekend is as ’n man wat sy knieë kan dra nie. Dat Mof juis die man is wat die vermeende ontvoerder ingehardloop en neergetrek het, is iets waaroor sy offisiere nie uitgepraat kan word nie. Hulle het sommer baie lof vir Mof. Genl. Danie Bester, speurhoof van die Republiek, het Mof se lopie soos volg opgesom: “Dis die beste drie wat Mof nog ooit gedruk het.”

Mimi na Kaap: Die Suid-Afrikaanse operasangeres Mimi Coertse het gister vir ’n besoek van drie weke in die Republiek aangekom. Sy tree op 26 Augustus in Kaapstad op en vertrek weer op 2 September na Wenen in Oostenryk.

Bewaarder vermoor: Tien Kleurlinggevangenes het gisternag ’n blanke in ’n Paarlse gevangenis vermoor en met sy rewolwer ontsnap. Elke beskikbare polisieman in die Paarl en ’n wye gebied in die Boland is opgeroep om aan ’n klopjag na die voortvlugtiges deel te neem. Die oorledene was ’n 67-jarige blanke bewaarder. Na verneem word, het van die gevangenes in die tronk in Hofstraat gisternag oproerig geraak. Die bewaarder het ondersoek gaan instel. Die gevangenes het hom oorrompel en vermoor.

Plaas verdwyn: Nog ’n groen strook van die Paarlberg het weens die dorp se ontwikkeling in die slag gebly. ’n Konstruksiemaatskappy het die uitvoerdruiweplaas Lemoenkloof, wat aan die Hoërskool Gimnasium grens, gekoop om ’n woonbuurt daarop uit te lê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.