Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 13 Januarie 1971

LSD-lokval: Twee beweerde sluikhandelaars in LSD is eergisteraand in die Skiereiland in ’n polisie-lokval vasgetrek. Speurders het vierhonderd tablette wat LSD bevat van hulle gekoop.

Bergdrama: ’n Twaalfjarige Kleurling-seun het gister merkwaardig ontkom nadat hy byna 30 meter ver teen Tafelberg geval en op ’n rotslys te lande gekom het. Hy is gevind deur twee bergklimmers wat toevallig daar verbygekom en hom hoor skreeu het.

Geen prys, geen publikasie: Oos-Londen se wolmakelaars het die buitengewone stap gedoen deur te weier om die gedetailleerde wolpryse by gister se veiling bekend te maak. Volgens hulle was die pryse so laag dat dit nie werd is om dit te publiseer nie.

Woonwa-aanval: ’n Twintigjarige Kleurling is gisteraand in Parow in hegtenis geneem in verband met gisteroggend se wrede aanval op ’n jong blanke moeder op ’n plaas naby Sir Lowryspas . . . Die vrou is voor die woonwa waarin sy gewoon het, aangerand en verkrag.

Onttrekking: Amerika en Brittanje het hulle gister van die Algemene Vergadering van die V.V.O. se buitengewone komitee insake kolonialisme onttrek uit protes teen sy toenemende militante houding.

Rookbabas: Vroue wat gedurende swangerskap rook, kan hul ongebore kinders daardeur benadeel of selfs hul dood veroorsaak, het die Amerikaanse geneesheer-generaal gister in Washington gesê . . .

Doodsteek: ’n Voorval in Nuweland waarin ’n swem bye eergister twaalf poedelhondjies doodgesteek het, het opnuut vrae laat ontstaan oor hoe gevaarlik ’n bysteek werklik is.

Punte vir Pierre: Suid-Afrika het weer ’n bokser van wêreldformaat. ’n Bokser wat straf kan verduur, kalm kan bly, en die opdragte van sy afrigter gehoorsaam om ’n moeilike geveg te wen. Hierdie bokser is Pierre Fourie, middelgewig-bokskampioen van Suid-Afrika, wat gisteraand op Hartleyvale ’n oortuigende punte-oorwinning oor die Duitse kampioen, Hans-Dieter Schwartz, behaal het.

Advertensie: Ackermans Broekiekouse 39c

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.