Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 13 Junie 1968

Eerste sneeu:Terwyl dit gister oor die grootste deel van die land baie koud was, het die eerste sneeu in menseheugenis by Kidd’s Beach, Oos-Londen, geval. Uit Jansenville word berig dat die eerste sneeu in tagtig jaar daar geval het, terwyl dit op Grahamstad vir die eerste keer sedert 1933 gesneeu het.

Word nou bewaak: Pres. Lyndon B. Johnson van Amerika het die Amerikaanse Geheime Diens opdrag gegee om sen. Edward Kennedy te bewaak. Die opdrag volg op die sluipmoord van sen. Kennedy se broer, sen. Robert Kennedy, verlede week in Los Angeles. ’n Span van sowat twintig speurders het onmiddellik begin om sen. Kennedy – enigste oorlewende van die broers – te bewaak.

Sobukwe staan vas: “Met die inligting tot my beskikking sou ek ernstig in my plig faal as ek op hierdie tydstip landsbelang sou laat swig voor die sterk menslike drang om ook hierdie man se lot te verander,” het die Minister van Justisie, mnr. P.C. Pelser, gisteraand in die Volksraad gesê tydens die tweede lesing van die Algemene Regswysigingswetsontwerp. Hy het verwys na Robert Sobukwe, gewese leier van die P.A.C., wat op Robbeneiland aangehou word. Hy het self na Robbeneiland gegaan om met So­buk­we te gesels. Dié het toe laat blyk dat hy nie van houding verander het nie.

Wolfhonde beklad: In die verskillende berigte van mense wat deur wolfhonde aangeval word, is dit opvallend dat die honde óf altyd óf deeltyds aan kettings vas is. Ook word hulle in klein agterplasies, waar hulle niemand sien nie, opgesluit. Selfs die saggeaardste hond sal dan vals word. Sulke honde kry geen liefde en aandag nie, sodat hulle sal byt om aandag van hulle base te kry. Juis daarom kan alle mense nie wolfhonde aanhou nie.

S.A. atletiek kol-kol: Suid-Afrikaanse atletiek is soos mielielande waar die mielies plek-plek vrek en op ander kolle welig groei. Dit is die indruk wat ’n mens kry uit die Internasionale Vereniging van Atletiek-statistici se jaarboek vir 1967 wat pas verskyn het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.