Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 13 September 1968

Kat se gedagte: ’n Portugese kafee-eienaar wat katvleis in sy kafee te koop aangebied het sonder om aan te dui wat dit is, is gister in Meyerton deur landdros H.G. Vorster tot R10 boete gevonnis. Die kafee-eienaar, L.M. da Trinidada, het skuld beken. Daar is ten behoewe van Da Trinidada getuig dat hy nog nie lank in Suid-Afrika is en nog nie met die wette vertroud is nie. Volgens die getuienis het ’n motor die kat voor sy kafee doodgery. Hy het die kat geneem, dit afgeslag, dit gekook en ’n deel daarvan te koop aangebied.

Lyk in kar gesien: Die lyk van ’n onbekende man is gistermiddag deur die polisie van Colesberg uit die opgefrommelde wrak van ’n groen Volkswagen getrek. Die registrasienommer van die motor is R32584. ’n Masjinis van ’n verbygaande trein het die wrak langs die nasionale pad naby die stasie Rensburg, sowat drie myl buite Colesberg, opgemerk. Sover vasgestel kan word het die motor verskeie kere omgerol nadat dit van die pad geloop het.

Hertzogprys aan Boerneef: Die Hertzog-prys vir 1968 is gisteraand in Kaapstad deur dr. Meiring Naudé, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, aan mev. I.W. van der Merwe, die weduwee van die digter Boerneef, oorhandig. By dieselfde plegtigheid is ook die volgende pryse oorhandig: die Frans du Toit-prys aan dr. C.R. Louw, die Scheepers-prys vir jeuglektuur aan Anna M. Louw, die Eugène Marais-aanmoedigingsprys aan M.M. Walters, die Olive Schreiner-aanmoedigingsprys aan Sydney Clouts en die erepenning vir skilderkuns aan prof. A.F. Krenz. In sy motivering vir die toekenning van die Hertzogprys aan Boerneef, het prof. A.P. Grové, voorsitter van die keurkomitee, gesê dié digter het, amper soos Gezelle van Vlaandere, ’n eie idioom geskep, maar daarby het hy nooit ver weg beweeg van die sappige, ongekunstelde taal van die volk nie en so kry ons by hom volkspoësie en put hy krag uit die lewende gebruikstaal.

Advertensie: Nestlé Crunch vir 20c, 10c, 5c.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.