Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 14 April 1971

Betogers kan teenstand verwag: Die teenstand van die “swygende” meerderheid teen die anti-Suid-Afrikaanse groepe wat die beoogde kriekettoer later vanjaar deur Australië wil verongeluk, sal na verwagting in krag toeneem.

Vertroue nie beskaam: Die vertroue wat die Regering van Suid-Afrika in die Bantoes van die Transkei gestel het deur hulle selfbestuur toe te staan, is nie beskaam nie, het die Hoofminister van die Transkei, opperhoof Kaiser Matanzima, in Umtata gesê toe hy die staatspresident, mnr. J. J. Fouché, verwelkom het.

Vyf ontkom brandende motor: Twee vroue en drie seuns het gisteraand by Klapmuts net betyds uit ’n brandende motor ontkom. Die seuns het uit die motor gespring nog voordat dit tot stilstand gekom het, maar afgesien van ’n paar kneusings is niemand beseer nie.

Bou, of verbeur: Die inwoners van die gebiede Ceres, Tulbagh en Wolseley wat op 30 Junie aanstaande jaar nog geen begin gemaak het met die herstel- en herbouwerk van hul geboue wat in die aardbewing van 1969 beskadig is nie, sal hul toeseggings uit die Sentrale Boland-rampfonds verbeur.

Eikestad se eike verrot: Die meeste van Stellenbosch se historiese eikebome is erg verrot, en dringende stappe sal gedoen moet word om hul voortbestaan te verseker . . . Sommige van die sowat vyfhonderd eikebome in die sentrale deel van Stellenbosch kan nie meer gered word nie, en sal afgekap moet word.

Direkteur wil SA boikot: Eerw. Leon Sullivan, die eerste swartman wat tot General Motors se direksie verkies is, is die eerste direksielid wat openlik ten gunste daarvan is dat die maatskappy sy monteeraanlegte in Suid-Afrika sluit weens dié land se apartheidsbeleid.

Persoonlik: Mnr. G. A. Harding, wat in beheer is van die sterrewag in Observatory, het op ’n kort besoek na Brittanje vertrek, waar hy samesprekinge sal voer oor die vordering met die gesamentlike onderneming om ’n Suid-Afrikaanse sterrewag by Sutherland op te rig.

Advertensie:Playtex: Met ons nuwe Free­Spirit-bra kry u daardie natuurlike gevoel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.