Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 14 Februarie 1970

Middernagtroue: Prof. dr. Chris Barnard en mej. Barbara Zoellner is vanoggend kort na middernag in Johannesburg getroud. Die huwelik is in die spogwoning van mej. Zoellner se ouers in Inanda voltrek. Net sowat dertig uitgesoekte gaste het dit bygewoon. Minstens 24 Johannesburgse en etlike oorsese persmanne het gister al van elfuur af voor die huis stelling ingeneem en was etlike kere in voorvalle met die veiligheidswagte betrokke wat probeer keer het dat hulle oor die hoë muur van die huis loer. Prof. Barnard, wat in ’n baie goeie bui was, het gesê: “Ek is jammer dat julle mense hier in die koue moet rondstaan. Maar ek weet julle het werk om te doen. Ek het nog nooit onderhoude oor my werk en die mediese wetenskap geweier nie, maar ek wil nie my private lewe in die pers bespreek nie.” Hy het bygevoeg: “Ek wou sjampanje na u laat stuur, maar die polisie het aan my gesê dat dit ’n oortreding sou wees as drank hier op die sypaadjie, wat ’n openbare plek is, bedien word.”

Bokke kry medaljes: ’n Uitnodiging om die oorhandiging in Kaapstad van die Staatspresidentsmedalje aan die Springbokrugbytoerspan van 1969 na Brittanje by te woon, is gister na ’n vergadering van die Suid-Afrikaanse Rugbyraad aan al die toerlede gerig. Die medalje, ter erkenning van die waardige, sportiewe en gedissiplineerde optrede van elke lid van die span te alle tye, en dikwels in die moeilikste omstandighede, sal op 20 Februarie in die Lady Anne Barnard-saal in die Kasteel oorhandig word.

Britte sat vir betogers: Die groeiende afkeer by die Britse publiek van die planne en metodes van die linksgesindes en Kommuniste wat die Springbokkriekettoer wil verongeluk, het ’n politieke warm patat vir Harold Wilson en sy minister van Binnelandse Sake, James Callaghan, geword. Waarnemers meen selfs dat hierdie aksie sal verseker dat die Arbeidersparty die volgende algemene verkiesing gaan verloor.

Advertensie: Hoofpyn wyk die gouste met Phensic.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.