Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Burger | 14 Mei 1969

Sobukwe ingeperk: Robert Mangaleas Sobukwe, gewese leier van die verbode Pan-Africanist Congress, is op Robbeneiland vrygelaat. Hy het gister op Kimberley aangekom, waar hy, onderworpe aan sekere voorwaardes, sal woon. Sobukwe se vrylating volg op ’n verklaring van die Minister van Justisie, mnr. P.G. Pelser, op 24 April vanjaar dat Sobukwe vrygelaat sal word sodra sekere administratiewe stappe afgehandel is.

Hart veroorsaak afwykings: “Daar het wel sielkundige afwykings voorgekom by een van my pasiënte waarop ek ’n hartoorplanting gedoen het,” het prof. dr. Chris Barnard gisteraand in Kaapstad op die jaarlikse konferensie van mediese studente van die Universiteit van Kaapstad gesê. Prof. Barnard het verwys na ’n be­wering van dr. Donald Lunde, psigiatriese raadgewer van die hartspan van die Stanford-universiteit van Amerika, dat party mense wat ’n nuwe hart ontvang het, van hulle verstand geraak het.

Rassegeweld in Ooste: Die hulp van die leër is gisteraand in Kuala Lumpur ingeroep nadat twaalf mense na bewering dood is in hewige straatgevegte tussen Maleiers en Chinese. Woedende hordes het die stad op horings geneem en winkels en woonhuise aan die brand gesteek, terwyl die grootste politieke krisis sedert onafhanklikheid in die land verwag word. Bloedige rassebotsings tussen Maleiers en Chinese, wat deur politieke verwarring ontketen is, het dwarsdeur die nag in Maleisië voorgekom.

Vaarwel aan kleintoontjies: Die mens is besig om van sy kleintoontjies te verloor vanweë nousluitende skoene, het ’n Amerikaanse voetkundige, dr. S.R. Bob, gister op ’n konferensie in Auckland, Nieu-Seeland gesê. Hy beweer mense sal binne tienduisend jaar net vier tone aan elke voet hê. “Ons vind dikwels in X-straalplate dat die kleinste toon net twee beentjies het – die middelste beentjie ontbreek.”

Advertensie: Ranger, Suid-Afrika se eie motor. Kies uit ses sprankelmodelle met drie kragtige, ekonomiese enjins. Vanaf R1 988.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.